Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vicki Baum (1888-1960) was 'n Duitse skryfster van ’n groot aantal romans. Haar werk, Liebe und Tod auf Bali (Liefde en Dood op Bali), staan vanweë die besondere letterkundige kwaliteit daarvan ver bo die ander uit. Die sukses van haar werke was te danke aan die aktualiteit van haar onderwerpe en die presiese skildering van verskillende milieus. Haar later boeke is in Engels geskryf.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.