lawaai [boodskap #127527] |
Wo, 21 Augustus 2019 15:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lawaai
Afbreking: la•waai
Werkwoord: lawaai
Verlede tyd: het gelawaai
Betekenis:
• 'n Geraas maak; rumoerig wees.
Gebruik:
• Julle lawaai die bure wakker!
Vertaling:
Engels: to make a noise, kick up a row
Nederlands: lawaaien
Selfstandige naamwoord: lawaai
Meervoud: –
Betekenis:
• Harde, steurende klanke.
Gebruik:
• Die partytjie se lawaai het die bure ontstel.
Spreekwoord:
• Groot lawaai, weinig wol. [Gesê van iemand wat 'n groot ophef maak oor 'n nietigheid.]
Sinoniem:
• geraas
• rumoer
Antoniem:
• stilte
Verwant:
• lawaaierig
• lawaaierigheid
• lawaaimaker
Vertaling:
Engels: noise, hubbub, din, uproar, row, tumult
Nederlands: lawaai
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|