pyn [boodskap #127511] |
Mon, 19 August 2019 06:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pyn
Afbreking: pyn
Selfstandige naamwoord: pyn
Meervoud: pyne
Verkleinwoord: pyntjie
Meervoud van verkleining: pyntjies
Betekenis:
• (medies) Liggaamlike leed deur siekte of verwonding; die seer gevoel van ongesteldheid.
• (figuurlik) Geestelike leed; hartseer.
Gebruik:
• Hy het 'n pyn in sy bors.
• Die pyn van haar kind se dood was net te veel vir haar.
Sinoniem:
• lyding
• seer
Hiponiem:
• geboortepyn
• groeipyn
• hongerpyn
• hoofpyn
• maagpyn
• oorpyn
• spierpyn
• tandpyn
Afgelei:
• pyndrempel
• pynlik
• pynstiller
Vertaling:
Engels: pain, anguish, ache
Nederlands: pijn
Werkwoord: pyn
Verlede tyd: het gepyn
Betekenis:
• 'n Gevoel van seer beleef.
Gebruik:
• My kop pyn.
Vertaling:
Engels: to ache, hurt
Nederlands: pijnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|