offisieel [boodskap #127507] |
Sun, 18 August 2019 20:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
offisieel
Afbreking: of•fi•si•eel
Uitspraak: /ˌɔ.fi.siˈɪə̯l/, /ˌɔ.fiˈʃɪə̯l/
Byvoeglike naamwoord: offisieel
Vergrotende trap: offisiëler
Oortreffende trap: offisieelste
Attributief: offisiële
Betekenis:
• Wat deur 'n bevoegde gesag erken word; van 'n gesaghebbende bron of outoriteit; uit die krag van 'n amp; ampshalwe.
Gebruik:
• Hulle is verlief en dink daaraan om dit offisieel te maak.
Sinoniem:
• amptelik (voorkeurvorm)
Antoniem:
• onoffisieel
Afkorting:
• off.
Vertaling:
Engels: official
Nederlands: officieel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|