Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WEEK 16/98
WEEK 16/98 [boodskap #14042 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Sat, 25 April 1998 00:00 |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
e-KRANT
sat. 25/04/98
u eie weeklikse koerant : gratis en verniet ! betrekkings aangebied: dien as vrywilligers op die redaksie.
E-KRANT aanvaar geen verantwoordelikheid vir per abuis weglatings of verkeerde toedigtings nie . sny en plak dele om daarop te antwoord in die gewone NG. plaas ook interresante webadresse. E-KRANT sal dit volgende keer na eie goedunke publiseer. afrikaans en sy stamtale sal voorkeur geniet. bewaar hierdie uitgawe op 'n koel, droe" plek . rik...@intekom.co.za
------------------------------------------------------------ --------------------
VOORBLAD HIERDIE WEEK
No of your Boere brothers will be censoring anything in this news group so you had better get used to the idea of people with differing ideas. Secret Squirrel
------------------------------------------------------------ --------------------
BRIEWE KOLLOM
Ek is uiters teleurgesteld met die inhoud en vlak van gesprekvoering in hierdie nuusgroep.
Theo de Jager
Ek het gevind dat die beste antwoord vir hierdie probleem is om die gemors wat geskryf word, te ignoreer. Maak net die verandering op jou nuusfilter, en sny dan uit die 'postings' van die mense wat jou irriteer. anton cronje
Hiermee het ek 'n problem. Jy gaan nooit weet wanneer die ou die dag 'n helder oomblik beleef en die stukkie lewenswysheid kwyt raak waarna jy nog altyd op soek was nie! Henri Burger
Baie min mense het nog die moeite gedoen om die riglyne vir nuusgroep gebruik te gaan lees 'news.announce.newusers'. Henri Burger
kan iemand asb. nb. punte vir ons noem?
Wat is die Afrikaans vir 'killfile'? Henri Burger
Ek let op dat Windows 95 voorsiening maak vir 'n Afrikaanse keyboard. Weet iemand dalk waar mens die Afrikaanse layout kan kry? Dit sal handig te pas kom met letters soos ê.. ens.
Jan Grobbelaar
------------------------------------------------------------ --------------------
TAAL DEBAT
Your language is degraded Secret Squirrel
The language is being published at a rate greater than ever before. The KKNK draw record attendances last month. Leendert van Oostrum
Is het niet handig om er weer een taal van te maken, het afrikaans en nederlands en vlaams en surinaams. het afrikaans zal volgens mij toch onder grote druk komen te staan en vervangen worden door het engels. arno
'n Taal leef omdat mense hom in hul huise en op straat praat. Jy sal verbaas wees om te hoor waar word Afrikaans oral in SA gepraat - in Soweto heelwat. Henri Burger
Waaraan kan die fenomenale sukses van die KKNK toeskryf word, en wat beteken dit vir die toekoms van Afrikaans? Henri Burger
Wie moet teenwoordig wees as die Groot Indaba tussen Mnr Mbeki en Afrikaners plaasvind, en wat moet op die agenda wees? Henri Burger
Mense wat hier in Afrikaans skryf, en wat nie wit Afrikaners is nie, (ongeag of hulle Nederlanders, Vlaminge, Moesliemmanne of Xhosas is) is besonder welkom. Leendert van Oostrum
------------------------------------------------------------ --------------------
SOSIO- POLITIES
Vertel vir ons van die suksesse van die Stigting vir Gelykheid voor die Reg? Henri Burger
Watter persentasie van die bevolking van Kanada bestaan uit die "honderde Eerste Nasies"? Leendert van Oostrum
Die Proggresiewe Konserwatiewes het ge-implode. Nou het Jean Charest, hulle leier nog leier van die Liberales in Quebec geword. Glodina Bouwer
Beeld spreek vandag sy kommer uit oor die aanduidings dat die regbank onderhorig raak aan politieke inmenging. Leendert van Oostrum
Hoe langer ek hier in die VSA studeer, hoe meer dink ek dat Suid-Afrika tog nie te sleg is nie. Dis tog snaaks hoe mens eers besef wat jy werklik het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly. Alhoewel ek dit lankal vermoed het, word dit nou eers vir my duidelik dat Amerika soortgelyke rasse-probleme gehad het....en nog steeds het! Theo de Jager
------------------------------------------------------------ --------------------
SOSIO-EKONOMIES
Die meeste myne is in die Rustenburg omgewing, maar dit is net 'n deel van wat bekend staan as die Bosveld Kompleks en verder noordoos strek, en wat die rykste neerslag ter wêreld van die platinum-groep metale het (chroom, vanadium, nikkel, fluorspar). Oorspronklik ontdek deur 'n man genaamd Hans Merensky, na wie een van die skole hier op Tzaneen vernoem is. Die mynbedryf, veral goud leef al hoe swaarder, enersyds omdat al hoe dieper, en dus duurder gedelf moet word, en andersyds omdat arbeidsonrus dit baie onlonend gemaak het. Verskeie myne het reeds hierdie jaar gesluit, en dit lyk asof die Vrystaatse Goudvelde 'n stadige dood sterf. Ons heil le^ in die
vervaardigingsbedryf, maar sakelui is baie huiwerig, omdat huidige arbeidswetgewing baie swaar gelaai is ten gunste van die werkers. Selfs die Grondwet waarborg die reg om te staak, maar nie die reg tot uitsluiting van stakende werkers nie. Dit maak ons uiters onkompeterend op die markte. Die
Ooste lag vir ons, en oorstroom ons met hulle goedkoop, kwaliteits produkte. Motors word goedkoper in Botswana gemonteer en na SA ingevoer, as wat ons dit kan doen, en dit plaas vervaardigers hier onder druk. Henri Burger
Maar selfs in Zimbabwe is die einde nog nie in sig nie. Volgens een koerant hier is een-derde van Zimbabwe bos waar net diere lewe, een-derde word bevolk deur die nie-blanke bevolking, en die ander een-derde bevat die omtrent 4000 plase waarop die meestal wit boere bly.
Die laaste welberedeneerde artikel wat ek oor die probleem gelees het, het die volgende mening gehuldig: dat die groot plase wat meestal tabak en ander westerse uitvoerprodukte kweek op groot plase met baie bemesting, in die laaste analise baie slegter vir die ekologie is as mense wat op kleiner skaal vir hulleself sorg op 'n meer natuurlike manier. Natuurlik is die swart bevolking van Zimbabwe nou ingedruk in te min grond. Hulle moet op die hele and vir hulself kan sorg. Dan kan die westerse Wereldbank wat 'n arm is van Amerikaanse imperialisme maar gaan droog maak.
Glodina Bouwer
Dit is minder as een derde van die land waarop blanke boere bly - baie minder. Die feit van die saak is dat op hierdie grond word byna die hele Zimbabwe se landbou produksie gelewer - onder andere tabak wat by the way Zim se grootse uitvoer produk is - byna die helfte van hulle inkomste uit
uitvoere is tabak. Dit word voorspel dat die landbou produksie en uitvoere met tot 50% sal daal as die Zimregering voortgaan met sy planne.
Die ander kant vandie saak is natuurlik dat Zimbabwe tegnies bankrot is en dat die wereldbank
vir Mugabe dreig met die opskorting van hulp as hy voortgaan met sy onteiningsaksies. Dan is daar natuurlik ook die feit dat sommige van die onteinde plase nie by die massas uitkom nie maar
opgekoop word teen spotgoedkoop pryse deur parlementslede. Om grond te besit is nie 'n reg nie dit is 'n voorreg wat die boer moet gebruik om die land se bevolking te voed en buitelandse inkomste te verdien, nie om die grond die see in te laat spoel nie. Lou
Elke jaar het Kanada 'n "trade surplus" met die VSA. Een van die grootste redes is die bestaan van die "Autopact" (wat dit moontlik maak vir Kanada om groot getalle van die karre van die drie groot VSA karmakers in Kanada aan mekaar te sit. Buitendien koop die VSA ook baie van ons grondstowwe. Dis die arme VSA wat altyd 'n "trade deficit" met die res van die wereld het.
Glodina Bouwer
------------------------------------------------------------ --------------------
NASIONAAL
I'm searching for information about a place called Dullstrom in South Africa province Swazulu Natal. Bart van der Meer
Nee ou perd, dis Dullstroom in wat eers die oos Transvaal was - so 300 km noordoos van Johannesburg. En die ander naam is Kwa-Zulu Natal. Dis die kusprovinsie suid oos om Durban. Nico
I think you should try www.dullstroom.co.za you should find a lot of information about Dullstroom. Annetjie
------------------------------------------------------------ --------------------
INTERNASIONAAL
Kan iemand mij uitleggen waarom de landen-code (zoals achter op auto's en op het Internet "ZA" is en niet "SA" ? Zowel in het Afrikaans (Suid-Afrika) als in het Engels (South-Africa) is de afkorting "SA", terwijl ZAmbia als code "ZM" heeft. rufus
Ek dink dit kom uit 'n era toe Hollands en nie Afrikaans nie nog een van die amptelike landstale was, en Suid-Afrika dus Zuid Afrika was. Afrikaans het in die 1920's amptelike status gekry. Henri Burger
Die identifikasiekode vir SA is, soos jy uitwys, ZA - ook vir die identifikasienommers en roepseine van skepe, vliegtuie en radiostasies ens. Dit is afgelei van die Nederlands: Zuid Afrika. Die internasionale stelsel van identifikasie is kort na die Eerste Wêreldoorlog ingestel. In daardie stadium was die ampstale van die land Engels en Nederlands. Afrikaans het Nederlands enkele jare later as ampstaal vervang. Die kode SA word vir 'n ander land gebruik,maar ek kan nie onthou watter een nie. Leendert van Oostrum
Saudi Arabië Gideon
Weet jy dat die provinsie van New Brunswick hulself ge"twin" het met die Noordkaap. Hulle ruil kennis uit en die premiers besoek mekaar. Henri Burger
------------------------------------------------------------ --------------------
SOSIAAL
Miskien ontmoet julle mekaar nog eendag. Kobus Pietersen
Ek het al gedink ek sal haar moet opsoek as ek in daardie deel van die wereld kom. Nico
------------------------------------------------------------ --------------------
KUNS EN KULTUUR
G.A. Watermeyer
Uit Ballade van die Bloeddorstige Jagter
Die geelkapel se kronkels lê
drie sirkels om die maan.
Met watter woede sal die wind
teen middernag sy tentseil slaan?
Koor van die verminkte diere:
Ons was die hoefslag teen die grond,
die vlerkslag teen die lug;
maar al wat lenig was het jy
in kronkels van die pyn ontwrig.
Wilde-kanarie:
Ek kelk die sonlig in my keel
en rym die rondebessie ryp;
met kinderhand het hy, het hy
die fluite uit ons bors gegryp.
Steenbokkie:
Hy het my op die sesde dag
laat dartel uit Sy hand;
en sewe mane spartel ek
die breekbeen oor die sand.
Valk:
Die speerpunt van die wind was ek,
geel ster wat in die daglig skiet;
sy nyd het my getref en so
laat bondel in die riet.
Olifant-trop:
Ons wat die sterkstes is gaan stil
verby die koedoe en die kelkie-wyn;
maar dreun die oerwoud oop en stort
die stamme in ons pyn.
Duif:
Hy het my swaar van Hom laat gaan
omdat my oë van Hom was,
maar watter boodskap spartel ek
hier afkop in die gras?
Luiperd:
Ek is die drinker van die bloed,
die ding wat donker loop,
maar ruk alleen vir eie dors
die polsing van die slagaar oop.
Kraai:
Met hierdie snawel het ek self
Elia in die grot gevoed,
vereffen jy jou skuld, o mens,
met moordslag en met lammerbloed...?
Koor:
Was dit Sy wil, was dit Sy wens?
Ons daag jou wat die heerser was.
Die peulboom sidder in sy stam
en bitter buig die gras.
Jagter:
Bo die trompette van die wind
hoor ek die vlakte kreun,
en teen my skene styg en skuim
dit wat nie uit die wolke reën...
Glodina Bouwer
Die engel met die tuinslang in die carwash
I. Die hond en die maan
Ek gaan draf met die ou hond op die strand. Girts girts maak die sand onder
my voete, swoesh sê die see. Die hond raak naderhand effens agter, arme
ding, sy asem nie meer die' van jare gelede nie. Ek gaan staan stil en wag
hom in, ekself maar hygend. Dit is volmaan, die ronde kaas hang soos 'n oog
aan die muur van die horison. Die hond draf na die waterkant om die lig te
gaan ruik. Soos glimwurms dartel die maan se weerkaatsing tussen die golfies
deur, 'n ligpad wat strek van die verste punt van die oseaan tot by die hond
se pote. Hy lig sy kop en kyk uit oor die see, waterdruppels aan sy baard. Hy
sou op daardie ligpad kon loop, weet ek, soos 'n jesus, as hy net die maan
kon vertrou.
II. Die kettingleer
Die eerste keer toe ek die kettingleer sien, het ek gedink: vandag duiwel ek
hier af. Dit was nie vreeslik hoog nie; miskien twintig of dertig meter.
Maar dit het loodreg teen die rotswand uitgeslang, en verder op met 'n
effense boog agter die klippe uit sig verdwyn, die bo-punt van die leer 'n
onseker hemel. Boonop het die bergwind die leer se trappies laat rinkel, soos
'n deurklokkie het dit iemand laat weet, hy is hier.
Ver bo die plato het die lammervanger stadig 'n draai voor die donderwolke
gemaak, sy vlerke 'n stil erkenning van die wind se krag.
Mont-aux sources, 3 April 1998
III. Are friends electric?
Selfmoordgedagtes, sê die blonde meisie voor sy die pizza hap. Nog nooit
gehad nie. En verder, wie wil nou voor sy tyd doodgaan? Fok ouers, fok
onvriendlike kafee-eienaars, fok stupid boyfriends. Ek kan van werk verander,
of 'n hond kry, of my kar verf. Niks is onmoontlik nie. Ek kan voor die
spieel staan en rooi lipstiffiekringe om my oe trek, en besluit, hi'e'r sit
my siel. En ek en jy kan hande vashou in tranetrekkermovies, als wat lekker
is. Leef, leef is 'n besluit, nooit 'n gegewe nie. As die kar breek, bel 'n
mechanic, ryloop, of bel die AA, die trip is die moeite werd. Ek kan altyd
mooier aantrek as gisteroggend, want ek is die hero in my eie storie.
...verstaan jy? Glo jy my? ev...@sportspace.co.za
Dis nou die soort bydrae waarvan ek meer sal wil sien op hierdie NG !!! Dankie !!! Nico
Vergeleke met die norm hier is jou bydrae verfrissend.
Ignoreer maar die idiote wat ook daarmee sal fout vind. doos@dop.dam
------------------------------------------------------------ --------------------
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14043 is 'n antwoord op boodskap #14042] |
Sat, 25 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Kobus Pietersen" writes:
> e-KRANT sat. 25/04/98 =20
> u eie weeklikse koerant : gratis en verniet ! betrekkings aangebied: =
> dien as vrywilligers op die redaksie.=20
> E-KRANT aanvaar geen verantwoordelikheid vir per abuis weglatings of =
> verkeerde toedigtings nie . sny en plak dele om daarop te antwoord in =
> die gewone NG. plaas ook interresante webadresse. E-KRANT sal dit =
> volgende keer na eie goedunke publiseer. afrikaans en sy stamtale sal =
> voorkeur geniet. bewaar hierdie uitgawe op 'n koel, droe" plek . =
> rik...@intekom.co.za
Kan jy bietjie vertel wat hier
aangaan. Is E-Krant iets wat op
ander nuusgroepe versprei gaan word -
sonder die toestemming van die
skrywers op hierdie nuusgroep?
Ek is ook verbaas dat my naam
(waar ek aangehaal word) elke
keer as "Glodina Bouwer" gespel
word in plaas van "Gloudina."
Dis asof iemand, wat nie weet
hoe om Gloudina te spel nie, dit
met die hand ingetik het. Dit
kon nie net gesny en geplak
gewees het nie.
Dit kan seker nie vreeslik saak-
maak as iemand die Afrikaanse
nuusgroep roof vir items vir so
'n E-Krant nie. Die gevaar is
natuurlik daar dat mens uit konteks
aangehaal kon word en ideologiese
speletjies gespeel kan word. As
dit nou nog die ou apartheidsvark-
dae was, sou 'n mens werklik in
jou pasoppens moet wees (veral as
jy in SA bly.) Maar daardie dae
is nou hopelik verby.
Gloudina Bouwer
>
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14044 is 'n antwoord op boodskap #14042] |
Sat, 25 April 1998 00:00 |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kobus Pietersen Skryf:
[knip, knip e-KRANT]
Kobus,
Wat is die idee hiermee, en waar gaan jy dit publiseer?
Gaan jy ons almal nou 'famous' maak?
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14061 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Sun, 26 April 1998 00:00 |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie smart, Kobus!!!!
--
Net Nico ...
Kobus Pietersen wrote in article
...
e-KRANT
.............
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14062 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Sun, 26 April 1998 00:00 |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| 'n E-Krant nie. Die gevaar is
| natuurlik daar dat mens uit konteks
| aangehaal kon word en ideologiese
| speletjies gespeel kan word. As
| dit nou nog die ou apartheidsvark-
| dae was, sou 'n mens werklik in
| jou pasoppens moet wees
Hier val die vervolgenswaan weer uit vir almal om te sien....
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14063 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Sun, 26 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Nico" writes: > | 'n E-Krant nie. Die gevaar is
> | natuurlik daar dat mens uit konteks
> | aangehaal kon word en ideologiese
> | speletjies gespeel kan word. As
> | dit nou nog die ou apartheidsvark-
> | dae was, sou 'n mens werklik in
> | jou pasoppens moet wees
>
> Hier val die vervolgenswaan weer uit vir almal om te sien....
Bedoel jy "vervolgingswaan" (paranoia),
ou Nico? Ek dink jy ly aan "vervolgens-
waan," as jy my vra.
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14101 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Mon, 27 April 1998 00:00 |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> This is great ... gee julle mensom om as ek in Engels skryf?
>
> Squirrel
Ja, praat Afrikaans, dan luister ons.
As jy foute maak, sal ons dit korrigeer as jy nie omgee nie?. (Glodina sal
help)
Sodoende leer almal.
Krutaal moet ook beperk word.
Groete
Kobus
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14102 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Mon, 27 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
> Kan jy bietjie vertel wat hier
> aangaan. Is E-Krant iets wat op
> ander nuusgroepe versprei gaan word -
> sonder die toestemming van die
> skrywers op hierdie nuusgroep?
[...]
> Dit kan seker nie vreeslik saak-
> maak as iemand die Afrikaanse
> nuusgroep roof vir items vir so
> 'n E-Krant nie. Die gevaar is
> natuurlik daar dat mens uit konteks
> aangehaal kon word en ideologiese
> speletjies gespeel kan word.
Jammer ou ding - die nuusgroep is 'n openbare forum. As jy jou in die Agora
waag moet jy aanvaar dat wat jy sê openbare besit is.
Soos Ferdi eenmaal vir ons uitgewys het - enigeen kan heengaan en vir
enigeen vertel "Gloudina Bouwer het op die Afrikaanse nuusgroep geskryf:
"....".
En hy kan dit doen vir enige doel wat hom pas, insluitende ideologiese
doeleindes. Dis waarom dit verstandig is om nie ondeurdagte stellings te
plaas nie - of in elk geval om hulle te probeer beperk.
So: "As jy jou uitgee vir 'n toffie moet jy aanvaar jy gaan gekou word"!
> As
> dit nou nog die ou apartheidsvark-
> dae was, sou 'n mens werklik in
> jou pasoppens moet wees (veral as
> jy in SA bly.) Maar daardie dae
> is nou hopelik verby.
Moenie te seker daarvan wees nie. Onthou jy hoe knaend iemand onlangs
probeer uitvind het wie my werkgewer is? Jy het self ook daarna verneem, as
ek reg onthou!
En soos jy self al aangetoon het - mens sal verbaas wees wie almal op die
nuusgroep "lurk".
Ek sou nie so seker wees dat "daardie dae" verby is nie. Nie as die
staatshoof dit beskou as laakbaar dat die opposisiepartye nie "lojaal" is
aan die regerende party nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: WEEK 16/98 [boodskap #14126 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Tue, 28 April 1998 00:00 |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, hou asseblief by Afrikaans - dit maak nie saak as jy foute maak nie -
niemand is perfek nie en dit is die enigste manier waarop 'n mens kan leer!
--
Net Nico ...
Secret Squirrel wrote in article
...
| This is great ... gee julle mensom om as ek in Engels skryf?
|
| Squirrel
|
|
|
|
|
|
|
|
WEEK 17/98 [boodskap #14266 is 'n antwoord op boodskap #14044] |
Sun, 03 May 1998 00:00 |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
e-KRANT
sat. 02/05/98
hierdie koerant bevat bydraes deur intekenaars op soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
geen direkte bydraes sal aanvaar word nie, so sny en plak dele om daarop te reageer in die nuusgroep
dit bevat ook opsommings van vorige bydraes, en word slegs aan lede van hiedie nuusgroep gestuur
indien u dit nie weer wil ontvang nie, sien laaste sin onder NET-ETIKET EN WENKE
------------------------------------------------------------ ----------------
VOORBLAD HIERDIE WEEK
Gaan eerder vir Maslov se teorie en glo dat jy hoër op in die miramide
kan skuif - jy hoef nie jou lewe lank aan die klimproses in die onderste
dele van die piramiede te spandeer nie. Nico
------------------------------------------------------------ ----------------
NET-ETIKET EN WENKE
Daar is strukture waarvolgens die internet homself beheer en reguleer. Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een . Ek was deel van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is . Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle mense met die soort houdings wat openbaar - "Afrikaners moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting van die nuusgroep afgestem.
Uiteindelik is ons toegelaat om soc.culture.south-africa.afrikaans te stig in plaas van soc.culture.afrikaans wat ons aanvanklik wou. Dit was (is miskien nog) 'n minder toeganklike nuusgroep - nie alle verspreiders het die
laer-orde groepe gedra nie. Dit is ook in beginsel moontlik om 'n nuusgroep te sluit indien dit "misbruik" word, en ek verneem dat daar wel al sulke gevalle was. In hierdie opsig verskil daardie deel van die ineternet waar hierdie nuusgroep gevestig is met, byvoorbeeld die alt. -nuusgroepe. Enigeen kan te enige tyd 'n alt. - groep ("alternative") oprig. Dit is nie nodig om vir iemand te sê "skryf in Afrikaans" nie. Dit is ook onwenslik.
Daar was al baie mense - veral uit die VSA - hier wat die groep gebruik het om Afrikaans te leer. Wat die nuusgroep met groter of kleiner mate van sukses kan lees, maar wat vrae wil vra in Engels. Ons kan sulkes gerus aanmoedig om Afrikaans te skryf, maar dit is onwys om hulle te ontmoedig om in Engels of Nederlands te skryf. Ek het selfs al hier met iemand in Grieks gepraat. Leendert van Oostrum
Opsomming van riglyne vir nuusgroep gebruik (Volledige artikel by: nuusgroep news.announce.newusers.)
MOETS: 1. Onthou die persoon aan die ander kant is 'n mens. 2. Wees versigtig wat jy van ander sê. 3. Wees saaklik. 4. Jou plasings sê iets van jouself; wees trots daarop. 5. Gebruik beskrywende opskrifte. 6. Dink oor wie moontlik jou artikels kan lees. 7. Wees versigtig met humor en sarkasme, dit word dikwels mis gelees. 8. Plaas 'n berig slegs een keer. 9. Plaas 'n kort opsomming van dit waarop jy antwoord. 10. As dit gepas is, stuur liewer e-pos. 11. Lees alle opvolge voordat jy antwoord. 12. Sorg dat jy die korrekte e-pos adres verskaf, en verwag om reaksie te kry. 13. Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep. 14. Wees versigtig vir kopiereg oortredings. 15. Noem die toepaslike bronne. 16. Dui aan in die titel as jy 'n uitslag bekend maak, en moenie die uitslag in die titellyn plaas nie.
MOENIES: 1. Moenie administrateurs blameer vir ander gebruikers se gedrag nie. 2. Moenie aanvaar dat 'n persoon namens sy organisasie praat nie. 3. Die uitwys van spelfoute/onkorrekte taalgebruik word beskou as swak smaak. 4. Moenie identifikasielyne ('signatures') te lank maak nie. 5. Moenie nuusgroepe gebruik as bron vir take nie. 6. Moenie adverteer nie. 7. Beperk kruispos na verskillende nuusgroepe. Henri Burger
Let op dat Windows 95 voorsiening maak vir 'n Afrikaanse keyboard ; Go> Help> languages> changing keyboard layout>Add>Afrikaans Brian Fraser Lovett http://www.finhall.demon.co.uk (skotland)
Afrikaanse leestekens: Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language' en dubbelklik op die blou strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie. Hierna werk die sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of ^, of ', of `, en daarna die betrokke klinker. Jou masjien praat nou Afrikaans. Aanhalingstekens met 'n klinker direk daarna:
druk spasiebalk ná die aanhalingsteken. Henri Burger en Hannes Cilliers
If you frequently hit the Caps Lock key by accident, open Control Panel's Accessibility Options applet and put a check in the Use Toggle Keys box on the Keyboard tab. Then select the General tab and clear the check box next to "Turn off accessibility features." From now on your computer will beep if you press the Caps Lock, Num Lock or Scroll Lock keys. Hannes Cilliers
WEEK 16/98
Maak veranderings op jou nuusfilter, en sny so die mense wat jou irriteer uit.
------------------------------------------------------------ ----------------
BRIEWE KOLOM
I would like to learn Afrikaans -could you help me? I'm a medical student in Hungary. Thank you in advance for your help Reka (Hongarye)
For start at home, try to find the book in the "Teach Yourself..." series."Teach yourself Afrikaans" The book is pretty helpful. A dictionary is harder to come by.( Suggest to try to find in England) For pronounciation; never seen too many language tapes in Europe, though in England again... For reading material on the web; www.ebeeld.com has most of the articles in both Afrikaans and English so it is excellent for practicing! Then again if you have a chance to get to hear Flemish from Belgium it is somewhat close. At least I made one old lady happy once as I was the only ship's staff who could "speak her language" even I had a "funny accent"... If you know German language, Afrikaans grammar is a paradise! There is no sex-changing objects. Mooi loop! HWM (finland)
What would you guys suggest here - Unisa? I know University of Cape Town had a program to teach Afrikaans to foreighners. Maybe someone can direct Reka to them. Nico (Minnesota)
Ek soek na inligting omtrent die Buyse van Noordelike Provinsie, Rehobothbasters en Griekwas omtrent hulle siening oor Afrikaans Gert
Kyk mense, ek is nie lid van hierdie nuusgroep nie, en is definitief ook nie van plan om een te word nie. Skandelike taalgebruik en 'n absoluut lae vlak van interpersoonlike kommunikasie. Gestel iemand wat Afrikaans kan lees kom op dié ongelooflike gemorsspul af ! Anna Van der Walt (switserland)
As jy jou in die Agora waag moet jy aanvaar dat wat jy sê openbare besit is. Dis waarom dit verstandig is om nie ondeurdagte stellings te plaas nie - of in elk geval om hulle te probeer beperk. Leendert van Oostrum
Ek is besig om my eie tuisblad te ontwikkel en wil graag 'n klank leêr insluit met Nkosi sikelel' i-Afrika sodat die buitelanders daarna kan luister. Is daar iemand wat my hiermee kan help? Ek is bereid om daarvoor
te betaal. Tandi
Ek is op soek na Afrikaanse mp3's - Laurika, Johannes Kerkorrel, Anton Goosen ens. Enige iemand `n idee waar `n mens dit kan opspoor ? Piet Human
MP3 is 'n format om geluid met cd-kwaliteit zeer compact op te slaan. De extensie van dit soort bestanden is ".mp3". Normaal gesproken neemt een stuk muziek met cd-kwaliteit van 1 uur meer dan 600 MB schijfruimte in, dankzij mp3 kun je dit terugbrengen tot 30 á 60 MB, terwijl je het wel direct kunt afspelen (zonder het eerst te moeten uitpakken of zo). Arthur (Nederland)
Is daar iemand wat weet of daar 'n Afrikaanse radiostasie op die 'net is? Anton (Nieu-Zeeland)
Soek vir radio hoogland in jou search engine. Danie (Nieu-Zeeland)
Dankie, ek het hom gekry op www.studbook.co.za/hoogland/afrikaans . Ek sal nog ander verwysings ook waardeer (die ordentlike engelse stasies ook) Anton
Sover ek weet, is SABC se Afrikaanse sender, Radiosondergrense, wel op die net. Adres: www.rsg.co.za (dit mag ook wees: www.rsg.com). Geselsradio Punt (wat nou nog net 6 maande in werking is) se adres is:
www.punt.co.za. JH Rykheer
SAFM www.safm.co.za : (RealAudio) Anton
http://www.sabc.co.za/monitor :follow links from there (this page gives you the three best contributions on the Afrikaans program "Monitor" (a news actuality program ) broadcast during the previous week. Chris Theron
Het iemand 'n Afrikaanse woord vir "spam" ? HWM
Die spam straik die fen en spat dan deur die hele wêreld (en beland ongevraag in nuusgroepe). Op Afrikaans gebeur dit met 'n papaja. Dus papajapos? popopos? (of pôpôpos?) Bossie (Duitsland)
Ek hou die meeste van popopos! (Nico) Nog een vir popopos (Dark Man)
Hier is my stem vir pôpôpos! (John)Viva demokrasie! Ek stem vir pôpôpos. (kobus) My stem vir pôpôpos, maar ek hou ook van papajapos. (HWM)
O, nou verstaan ek wat "fenmail" is! Harms Geenspam (Kanada)
Dies nou 'n pragtige nuwe maaksel in Afrikaans! Nico (Minnesota)
Die woord LEKKER prikkel my nuuskierigheid al baie jare. Ek weet nie van 'n ander taal wat 'n eweknie het wat dieselfde gevoel het nie. Engels het "nice", maar "nice" is net dit, dit is nie LEKKER nie. Waar kom die woord vandaan? Sakkie
Middelnederlands *lecker*, gulsig, gastronomies, sinnelik, lekker , Nederlands *likken*, *lekken* lek, oplek
--Afrikaanse Woordeboek , HJ Terblanche Hannes Cilliers
Dis die eerste Afrikaanse woord wat ek my Amerikaanse studente leer en van dag een af "lekker" ons almal baie lekker saam. En jy moet net hoor hoe geniet hulle dit! Die moeilikste deel is om die woord vir hulle te vertaal en te verduidelik. Maar ek dink na vier weke se gebruik is dit ook deel van hulle kultuur! Nico
j'aimerai connaître la recette pour planter et cultiver un bananier. francis (switserland)
------------------------------------------------------------ ----------------
SPINNERAKKE
16/98 Dullstroom . www.dullstroom.co.za
------------------------------------------------------------ ----------------
TAAL KWESSIES
Afrikaans is die jongste Wes Germaanse taal en is dus uniek. Dit sou dalk op die oog af handig klink om tale te laat saamsmelt, maar wat van die sosiale funksie wat 'n taal vervul? Die verlies van 'n mense se eie taal het ook baie negatiewe gevolge soos: verlies aan selfvertroue, versteurde verhoudings met ouer familie-lede, sosiale isolasie, die bevraagtekening van 'n mens se eie identiteit en groepsgevoel.
Ek het so 'n ruk gelede 'n interessante artikel gelees oor die oorlewing van die Hollandse taal onder Hollandse uitgewekenes na Oz. Die persoon se studies het getoon dat die Hollanders baie gou na Engels oorgeskakel het. Die taalkundige het die 'core value' van die groep bevraagteken. Nou wonder ek hoe die Afrikaanse aankomelinge hier in Oz sal vaar met hulle taal? Willemien
Miskien sal dit goed wees as die Nederlandsagtige mense deur die wêreld saamstaan en al die tale as susterstale erken en miskien by mekaar probeer leer sal dit goet wees. Ek is in die proses om Nederlands te leer en vind die vervorminge en verwantskappe tussen die twee tale heel interessant.
Daar is amper iets soos 8 Miljoen mense wat Afrikaans as hul huistaal beskou hier in Suid Afrika, en dan is daar 'n goeie 30 miljoen wat dit magtig is. Die 14 miljoen of so in Nederland saam met die paar miljoen
versprei oor die res van die wêreld wat Nederlands praat laat nie Nederlands vêr voor nie. Ek sou sê daar is maar 25 % meer mense in die wêreld wat Nederlands magtig is as wat Afrikaans magtig is. Wat laat jou dink dat Afrikaans enigsins onder meer druk is as Nederlands? Gideon
BEELD: PROJEK VERANDER SKOOL IN GA-RANKUWA SE LOT.
"Goeie dissipline en 'n positiewe gesindheid was al wat in die guns van die Hoërskool Tebogwana getel het nadat inbrekers lankal alles weggedra het wat draagbaar was. Daar was nie eens meer 'n biblioteekboek of 'n proefbuis nie. Onderwysers het nie voorberei of volgens 'n leerplan gewerk nie.
"Dit was voordat Projek Handevat die skool verlede jaar soos handomkeer verander het. Die doel van die projek is om die gehalte van die onderrig van Afrikaans as tweede taal te verbeter. "Tebogwana bedien oorwegend Tswanasprekers in Ga-Rankuwa in Noordwes. Die inwoners het meestal met Afrikaans grootgeword en het self gekies om Afrikaans as tweede taal op skool te leer.
"Mnr Tobie van Dyk, wat die projek as navorsingsonderwerp vir sy meestersgraad lei, sê die eerste stap was om 'n leerplan vir die teikengroep gr. 10 - 12 leerlinge in oorleg met die Dept van Onderwys op te stel. Hy het 5 maande by die Universiteit van Antwerpen se Centrum voor Taal en Spraak gaan kers opsteek.
"Hy besoek die skool 2-3 maal per week as hulponderwyser en het ook die leerlinge se fisieke, sosiale en emosionele welstand op die hart. 'n Jaar nadat die program met die gr.10 klas begin het, het die skool se
matrieks 8 onderskeidings in Afrikaans behaal. Die skool se slaagsyfer was verlede jaar meer as 75%."
Henri Burger
WEEK 16/98
Afrikaans het in die 1920's amptelike status gekry.
'n Taal leef omdat mense hom in hul huise en op straat praat.
Mense wat hier in Afrikaans skryf, en wat nie wit Afrikaners is nie, is besonder welkom.
Is het niet handig om er weer een taal van te maken, het afrikaans en nederlands en vlaams en surinaams.
------------------------------------------------------------ ----------------
SOSIO- POLITIES
Ek moet nog die persoon ontmoet wat nie in enige mate 'n rassis is nie. Ek glo net dat solank jy niemand benadeel, of skat volgens etniese groep nie, jy 'n gesonde grondslag het om goeie besluite te neem.
Huidiglik word wetgewing verander om werkgewers te dwing om mense aan te stel volgens velkleur. Ek wonder net hoe regverdig dit is teenoor die arme persoon wat aangestel word met die minimum
ondervinding, alhoewel hulle meestal die kwalifikasies het. Sulke persone word eerstens verwerp deur hulle eie mense as "sell-outs", en ten tweede vind meeste van hulle dit onmoontlik om effektief hulle nuwe posisies te behartig. Deels omdat die persoon wat hom nou moet leer, en dra in die posisie, nie die pos gekry het nie omdat hy die verkeerde velkleur het.
Ons land probeer om kompiterend te raak op die internationale markte. Hoe gaan ons dit ooit regkry terwyl ons mense in poste aanstel omdat hy die regte velkleur het in plaas van omdat dat hy die werk kan doen. Ek glo nog 'n mens gooi fondasie voordat jy dak opsit. Sakkie
Ek dink mense sal beter met mekaar klaarkom as hulle besef daar is werklik verskillende rasse op aarde en ons mag die verskille maar raaksien. Wat ons nie mag doen nie, is om een rassegroep beter as 'n ander te sien nie - inherent as gevolg van hulle kleur nie. Nico
Mensenrechten zijn mensenrechten en wij mogen niet oordelen over de ander. Wat wij moeten is een ander vergeven en proberen met zijn allen de aarde leefbaar te houden. En ook hier in nederland gebeuren er naast slechte dingen meer goede dingen. Zaken zijn bespreekbaar en worden bespreekbaar gemaakt. Preventie is een belangrijk onderdeel hierin en oke soms kunnen straffen harde zijn maar vooral sneller gestraft worden
Maar overal ter wereld waar mensen wonen is ruzie en komt criminaliteit voor en dat dus ook in afrika! Arno
WEEK 16/98
'n Mens besef eers werklik wat jy het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly.
Beeld spreek kommer uit oor die aanduidings dat die regbank onderhorig raak aan politieke inmenging.
.
------------------------------------------------------------ ----------------
SOSIO-EKONOMIES
(Zim) Wanneer jy ekologie in die redenasie inbring, is dit nie juis ter sake wie op die grond bly nie, want wanneer daar geboer word, affekteer dit die ekologie. Die mens se effek op die omgewing was nog altyd van so 'n aard dat dit die natuurlike balans van dinge versteur.
In enige land wat selfversorgend is sover dit landbouprodukte aangaan, sal dit noodwendig so wees dat groot gebiede waarop daar geboer word, deur min mense bewoon sal word. Hulle voed die hordes wat in groot stede gekonsentreer is, en verdien hopelik buitelandse valuta.
Die derde van Zimbabwe wat bos is, en waarop wilde diere bly, is 'n baie groot toeriste attraksie is. Dit is natuurlik baie meer ekologies vriendelik as die ander twee. Een van die redes waarom Mnr Mugabe sy houding jeens plaasonteiening versag het, is juis dreigemente van 'n toerisme boikot.
Die eintlike beswaar gaan oor die wyse hoe hy beoog om dit te doen. Boere word bloot vergoed vir infrastruktuur. Die meeste het plase bekom deur lenings by banke aan te gaan. As Mugabe dit op diè wyse doen, het hierdie mense nie die vermoeë om hul verpligtings teenoor banke na te kom nie, wat die wesenlike gevaar inhou dat Zimbabwe se bankwese in duie kan stort.
'n Paar honderd duisend swart Zimbabwiers bly en werk op hierdie plase , en ondervinding uit die verlede bewys dat hierdie mense hul blyplek en inkomste verloor tydens onteienings. Henri Burger
'n Uittreksel uit 'n berig in Rapport :
Die kans is goed dat die Namibiese myndorp Tsumeb 'n spookdorp gaan word nadat Gold Fields Namibia (GFN) aangekondig het dat Tsumeb Corporation Ltd (TCL), die hoof werkverskaffer op die dorp, gelikwideer word. Die bom het gebars toe die sowat 1 950 werkers van TCL huis toe gestuur is met 'n boodskap dat die kopermyn voorlopig gesluit is weens 'n likwidasie-aansoek en 'n likwidateur oor hul toekoms sal moet beslis.
In 'n dringende hofaansoek het dit aan die lig gekom dat GFN - die eienaar van TCL - nie genoeg geld het om die sowat 2 000 werknemers se salarisse vir April te betaal nie. Intussen het die Namibiese minister van myn- en energiesake, Mnr Andimba Toivo ya Toivo dit duidelik gemaak dat hy Gold Fields SA (GFSA) verantwoordelik hou vir die penarie waarin hul myne in Namibie" is.
"Die maatskappy moet die lyding van die werknemers verlig", sê hy. "GFSA kon nie onbewus gewees het van die verwikkelinge nie." Verskeie terugslae het TCL die afgelope jare getref. 'n Staking in 1996 het die tydelike opskorting van operasies tot gevolg gehad.Dit het tot verlies van inkomste gelei, terwyl tegniese probleme die Australiese smelteraanleg by Tsumeb geteister het.
Spanning loop hoog op die dorp. TCL is die ekonomiese hartklop van Tsumeb en sowat 90% van al die besighede is direk of indirek van die myn afhanklik. Ook die stadsklerk, Mnr Ockert Brits, het die sluiting van die myn as 'n ramp beskryf. "Die myn is die hoofwerkgewer van die dorp en direk of indirek is almal van hom afhanklik." Henri Burger
Hoe is dit om in Tsumeb groot te word? Kan jy daaroor vertel in hierdie nuusgroep? Robert (Nederland)
Ek het in Tsumeb grootgeword en my pa was (en is steeds deeltyds) 'n programeerder vir Gold Fields (die myn was voorheen 'n Anglo America myn). Hy het die storie oor Tsumeb vroeer die week uit Walvisbaai bevestig. Die sluiting van die myn sal die einde van Tsumeb as hoofsentrum van die Noorde beteken - genoeg om 'n mens se hart te breek. Letitia de Lima
Ek het in 1980 by Tsumeb Corporation Ltd (TCL) begin werk as 'n leerling Ingenieurstekenaar. Daardie stadium het TCL aan 'n Amerikaanse myngroep, byname Neumont, behoort. Die Algemene Bestuurder was ene meneer Brain Woolfe. Die TCL groep het bestaan uit De Wet Skag en die Smelters in Tsumeb, Kombat myn (90 km weg), asook Matchless myn naby Windhoek. TCL het daai tyd omtrent 7000 wernemers gehad. Koperpryse was goed en ons het uitstekende salarisse gehad.
TCL het 'n klomp plase rondom Tsumeb besit. Groente is gekweek vir die hostels en 'n groot melkery het die dorp van melk voorsien. Ons het gesubsidieerde melkkoeponne by die hoofkantoor gekoop en melk gaan afhaal by die Mole-Mole Depot.
Die hele dorp het basies aan TCL behoort. Die pragtige Minen Hotel, die hospitaal, die watervoorsiening vanuit De Wet Skag, die vliegveld, die golfbaan, sekere besigheidsgeboue ens. het alles aan TCL behoort.
Ek is na 18 jaar nog steeds 'n werknemer van TCL. Baie dinge het verander oor 18 jaar. Gold Fields Suid Afrika het by Neumont oorgekoop. Die beeste en plase is verkoop. Die Minen Hotel verkoop. Die koperprys het verlaag, koste van arbeid, elektrisiteit, vervoer, kole, onderdele het verhoog. De Wet skag is uitgemyn. Die grensoorlog is verby. Die Namibiese politiek het verander. Die mynwerkersunie het groot geword en dikstem gekry.
Kombatmyn is hoë risikomyn met masiewe ondergrondse watergevare. (10 jaar terug het die water deurgebreek, die myn tot in die bek versuip, sewe mense gedood, 'n jaar lank en miljoene rande gekos om die waterskeur te seël en die myn te ontwater). Matchlessmyn is toegemaak en afgebreek en 70% van Otjihasemyn naby Windhoek is by JCI gekoop.
Laasweek het ons 'n fax ontvang wat ons kort en kragtig meedeel om huis toe te gaan. Daar was 'n aansoek om likwidasie. Die hof het die aansoek tydelik tot 29 Mei toegestaan. TCL skuld miljoene. 2000 TCL werknemers se toekoms is duister. Baie het nog 'n vae geloof dat 'n wonderwerk mag gebeur en dat
iemand TCL mag koop, ons uit die gemors uithelp en ons ons werk teruggee.
Die Tsumeb van die tagtigers was 'n pragtige, besige plek met Flambojante, Jakarandas en Bougainvilleas op die sypaadjies. Tannie Sachse se Immergrun Florist, oorlede Johhnies Drankwinkel, Schlügel se kafee, tannie Shatz se museum, kommandant Lukas Nel, Weyands Jewelers, Forsters for Fashions, Oom Bob Meiring, Tonie Botes, Larry Mills, Piet du Preez - dit is' en was Tsumeb.
TCL se likwidasie gaan Tsumeb in 'n paar weke meer verander as die 18jaar se veranderings wat ek aanskou het. Tsumeb is dood - lank lewe Tsumeb! Frikkie
(RSA) Hier om Tzaneen, in die Noordelike Laeveld, is sitrus een van die belangrikste boerdery. Ons omgewing het in '94 en '95 die grootste droogte in mense heugenis beleef, maar almal het oorleef, en dit sonder 'n geldelike "inspuiting" van staatskant.
Beeld: "Die Zebediela-sitruslandgoed staar bankrotskap in die gesig, het Dr. Alidzulwini Naledzani, voorsitter van die landgoed se raad, gister gesê.
"Die landgoed word deur die provinsiale regering besit en deur die landbou- en landelike ontwikkelings korporasie bestuur. Zebediela het 'n "inspuiting" van minstens R12m nodig om te oorleef. Swak reenval, haelskade, en stakings deur werknemers het die landgoed 'n geldelike knou toegedien.
"Dit sal 'n terugslag vir die gemeenskap wees as produksie tot stilstand kom. Die landgoed het 850 permanente en 1000 seisoenale werknemers." Henri Burger
Plaaswerkers mag onder nuwe arbeidswetgewing aan vakbonde behoort. In 'n land met 30% werkloosheid, en wat beswaarlik kompeterend is met sy handelsvennote, is stakings beswaarlik 'n goeie idee. Uiteindelik grawe dit die werkers se eie graf .
Dink terug aan die stakings van steenkoolwerkers in Brittanje in die jare 80. Weet jy hoeveel Walliese steenkoolmyne is nog oop? Weet jy wat het dit aan Wallis se ekonomie gedoen ? Weet jy dat dit selfs tot gevolg gehad het dat Wallis, eens 'n trotse rugbynasie, tans gekke van hulself maak? Henri Burger
Hier volg 'n vertaling van 'n berig deur Cornina Pretorius in die Sunday Times, getiteld "Long-awaited books stolen at school gates" :
'n Skoolhoof en sy 1 020 leerlinge het 4 maande gewag vir skryfboeke, net om te sien hoe die afleweringsvoertuig by die skoolhek gekaap word. Elias Moloto, 'n werker by die skool, het gesien hoe 6 gewapende mans die voertuig kaap.
Brenton Phokojoe, skoolhoof van George Khosa Sekonde^re Skool in Dobsonville, Soweto sê, "Ek is platgeslaan. Ons het baie lank gehoop die boeke daag op". Phokojoe het 'n vergadering gehou met die beheerliggaam, en hoop dat ouers sal help om skryfbehoeftes te koop.
"Kinders wie se ouers nie kan bekostig om boeke te koop nie, steel nou ander leerlinge s'n", sê Sipiwe Mthimkhulu, leerlingraad voorsitter.(Einde)
Maar die tragedie het 'n stertjie. Die laaste paragraaf sê die volgende: Alhoewel die polisie die kaping bevestig het, het 'n amptenaar belas met die verspreiding van skoolboeke gesê die Gautengse Dept. van Onderwys weet niks daarvan nie. Hulle vermis nie 'n aflewerings voertuig nie, en het nie 'n vragmotorbestuurder genaamd Kagiso Mmamabolo in diens nie. Henri Burger
WEEK 16/98
RSA: Ons heil lê in die vervaardigingsbedryf, maar sakelui is baie huiwerig, omdat huidige arbeidswetgewing baie swaar gelaai is ten gunste van die werkers.
Dit word voorspel dat die landbou produksie en uitvoere met tot 50% sal daal as die Zimregering voortgaan met onteiningsaksies. Die wereldbank dreig ook met opskorting van hulp.
------------------------------------------------------------ ----------------
NASIONAAL
WEEK 16/98
Die myne in die Rustenburg omgewing is deel van die Bosveld Kompleks, en het die rykste neerslag ter wêreld van die platinum-groep metale (chroom, vanadium, nikkel, fluorspar).
Dullstroom is so 300 km noordoos van Johannesburg.
Kwa-Zulu Natal is die kusprovinsie suid-oos om Durban
------------------------------------------------------------ ----------------
INTERNASIONAAL
Beeld berig: " 'n Suid-Afrikaanse gesin wat 8 maande gelede na Nieu-Seeland verhuis het omdat hulle moeg was vir die misdaadprobleem tuis, is in Auckland rot en kaal besteel. Die betrokke gesin se huis is geplunder toe hulle weg was vir die Paasnaweek.
"Inbrekers het TV's, meubels, beddegoed, 'n skooltas en selfs kos uit die yskas gesteel. Die SA gesin het glo so veilig in NZ gevoel dat hulle nie verseker was nie, en is nou aangewese op aalmoese. Hul enigste oorblywende aardse besittings is die klere wat hulle by hulle gehad het en die leë huis." Henri Burger
Nie almal van ons is onverantwoordelik en onverseker nie. Ek dink ook nie 'n mens is erens in die wereld 100% veilig teen diefstal nie. Ek kan ook nie vir NZ of Australië praat nie - ek bly in die VSA. Die verskil tussen Sa en die buiteland is steeds daar - kom kuier vir my en ek sal laat jy dit aan jou bas voel: Hier lees 'n mens gewoonlik in een koerant van die misdaad en in die volgende dag s'n waar die misdadigers gevang is en na 'n paar maande van strawwe soos 40jaar vir gewapende roof. Hier kan ek steeds my motor ongesluit parkeer, selfs aangeskakel in uiterste weer, en in 'n winkel ingaan vir inkopies. Hier staan my seuns se fietse voor die voordeur oornag - nie vasgesluit nie. Daar is ook nie heinings om die erf nie. Hier kan my vrou laatnag (na nege) sonder vrese winkel toe gaan (toegegee, nie sommer in enige omgewing nie). Hier word oortredings gestraf en nie deur die bree publiek geduld nie. Hier ry 95% motoriste nie meer as 5myl/uur oor die spoedgrens nie. Hier word 'n prostituut en haar besoeker se gesigte deur die polisie op die internet geplaas, selfs voor die hofsaak. Johan
WEEK 16/98
Die identifikasiekode vir SA is ZA - ook vir die identifikasienommers en roepseine van skepe, vliegtuie en radiostasies ens. Dit is afgelei van die Nederlands: Zuid Afrika. Die internasionale stelsel van identifikasie is kort na die Eerste Wêreldoorlog ingestel. In daardie stadium was die ampstale van die land Engels en Nederlands.
SA = Saudi Arabië
ZM = Zambie"
Die provinsie van New Brunswick en die Noordkaap is suster-provinsies.
------------------------------------------------------------ ----------------
FAUNA EN FLORA
Op 'n ander nuusgroep was daar 'n bespreking oor waar die naam `butterfly' nou eintlik vandaan kom. Een ou beweer toe dat dit direk vertaal uit die Hollands kom. 'n Hollander help hom toe reg dat `butterflies' in Hollands `vlinders' is en niks wat met botter te doen het nie.
`Vlinder' ken ons in Afrikaans ook, maar dit was vir my vreemd dat hy nie `skoenlapper' noem nie. Is dit nie ook oorspronklik Nederlands nie? Toe vra ek, en vind uit dat `schoenlapper' wel in Nederlands bestaan, maar
gebruik word vir net een enkele spesifieke skoenlappersoort, en nie vir alle skoenlappers soos in Afrikaans nie. En ja, die letterlike betekenis van `schoenlapper' is wat ons 'n `skoenmaker' sal noem, maar hoe dit gekom het dat dit aan die insek gekoppel is weet niemand meer nie.
'n Paar ander voorbeelde waar oorspronlik Nederlandse name op totaal onverwante Afrika-fauna toegepas is:
`Eland' is die Nederlands vir 'n Europese takbok (die Engelse `elk' of Amerikaanse `moose'). Die grootste boksoort in Europa, die grootste boksoort in Afrika; 'n logiese verbinding.
`Wolf' vir hiëna. Roofdiere wat dikwels in troppe hou; weereens 'n logiese verbinding.
`Tier' vir luiperd. Weliswaar nie 'n Nederlandse dier nie, maar een wat die Nederlanders in Oos-Indië sou leer ken het.
`Vos' (die Europese rooi-vos) toegepas op verkeie jakkalssoorte, veral die silwervos.
Ek het iewers gehoor `gems' is die Nederlands vir `chamois', 'n bergbok van die Alpe. Die enigste ooreenkoms met 'n gemsbok wat ek kan sien is dalk in die patrone op die gesig. Die chamois kom nie in Nederland voor nie, wel in Frankryk/Switserland/Italië.
Ek weet die puriste (beide taalkundig en dierkundig) gril vir wolf en tier, en veral vir iets soos tierwolf (die gevlekte hiëna), maar ek dink dis mooier name.
Nog voorbeelde enige iemand? John Boks
Waar kom 'kameelperd' vandaan? Henri Burger
Ek sal graag wil weet waar die naam van die strandwolf vandaan kom: "strandjut". Maw waarmee sou 'n mens die "jut" verbind? Nico
Vanaf 2 Oktober 1998 word die Kalahari Gemsbokpark en sy eweknie in Botswana een park, bekend as die Kgalagadipark, gesamentlik bestuur deur bewaringsowerhede van die twee lande.
Die park sal 37 991 vk km groot wees (Kruger Wildtuin 19 458), en dit word beskou as 'n mylpaal in die skepping van parke oor landsgrense heen. Nog ses sulke tipe parke word beoog in Suider Afrika, waarvan die kroonjuweel 'n park sal wees bestaande uit die Kruger Wildtuin, Banhine in Mosambiek, Gonarhezou in Zimbabwe, en die verbindingsgebiede tussen hulle. Hierdie park sal 95 712 vk km groot wees.
In nog 'n verwikkeling, word beoog om die Mata-Mata hek tussen die Gemsbokpark en Namibie" later vanjaar te heropen. Om te verhoed dat die park bloot 'n deurgangsroete word, sal daar minstens 2 nagte in die park geslaap moet word. Henri Burger
------------------------------------------------------------ ----------------
SOSIAAL
(Canada) Die lente is nou uiteindelik werklik hier. Op die Eksperimentele Plaas, wat hier in Ottawa in die middel van die dorp op die walle van die Rideau-rivier is, het ons gister Japannese magnolias gesien. Hulle is groot en losserig en daar is geen groen blare in sig nie, net 'n massa wit. Die rooi magnolias wat wild groei in die Suidelike VSA is nog nie hier uit nie. Die kersieblomme is nog nie uit nie. Die crabapple-lanings se pienk is nog nie daar nie. Die tulpe is hier en daar al mooi. Oral op die parkweg langs die rivier staan daar plate affodille en narsings wat oorspronklik daar geplant is, maar nou wild groei.
Die botseltjies is al liggroen op al die bladwisselende bome. Maar as jy so ry, dan sien jy orals die arme bome wat so vermink was in die ysstorm wat so drie maande gelede soveel verwoesting hier veroorsaak het. Oostelike Ontario en Westelike Quebec het 'n swaar paar maande agter die rug. Daar was uitsonderlike erg
vloede orals, as gevolg van die feit dat die vroeër as gewoonlik warmer weer die sneeu te vinnig en te vroeg
laat smelt het. Nou is die ergste van die waterskade gelukkig oor, maar die Ottawa-rivier hier naby ons is nog
baie hoog.
En orals is die voëls aan die verbykom, op pad verder noord. Ons was so geamuseer toe ons by vriende van ons buite 'n klein dorpie hier naby kuier, en hulle het twee mallard ducks op hulle swembad. Hulle sê die voëls is al so gewoond aan hulle dat hulle nie eens wil opvlieg as mense naby aan hulle kom nie. Nou wonder hulle of die voëls daar gaan bly vir die hele somer en hulle dus nie die uitsluitlike gebruik van hulle eie swembad gaan hê wanneer dit warm genoeg word om te begin swem nie. Gloudina Bouwer
(MINNESOTA) By ons is dit lente - al die bome is nou liggroen en die gras is al 'n baie diep donker, maar helder, groen. Dis werklik mooi.
Ons het vandag na 'n horse ekspo gaan kyk - effe oorweldigend groot - soos die Amerikaners maar alles doen. Dit was soos op die Randse skou, behalwe dat al die sale en arenas uitsluitlik aan die ruiterkuns en perde gewy is! Ons kon in ses ure omtrent net helfte van die sale sien en so halfuur van die een arena se programme terwyl ons ge"eet het.
Ek het nog nooit so baie mooi perde bymekaar gesien nie! Van die heel ou klein miniatuur perdjies, kniehoogte, tot by die Percherons waarby die vrou op 'n baie hoë leer moes klim om maanhare vol linte te bind. Daar was ook die pragtigste koetse! My seuns het die dag baie geniet.
Ek is nogal opgewonde op die oomblik - ons wil huis koop en die een waarin ons belangstel, het so 'n snaakse kontrepsie buite die agterste heining. Die agent sê toe vir my dis 'n "deer feeder" waarin jy graan gooi en dan
kom eet die takbokke daar in die winter (dalk somer ook). Ek hoop van harte ons kry die huis.
Ons hier in Minnesota is baie gelukkig - ons plaaslike foonoproepe is gratis en my toegang tot die net kos my net 'n "flat rate" van $20 per maand vir onbeperkte toegang. So as ek sit en werk saans, sit ek radio
Hoogland aan op die net en sit heerlik na 'n bree deursnee van ligte / en Afrikaanse musiek en luister. Laataand hier is vroegggend in die Vrystaat en dan kry ek 'n nuusoorsig, bietjie Godsdiens, landbou nuus en so aan. Daardie tyd van die dag/nag het heelwat Suid Afrikaners (ek ook) al die radio stasie gebel en dan sommer so op die lug bietjie met hulle gesels.
Ek lei rekenaar programmeerders op - ons is 'n privaat maatskappy wat meesal vir groot banke hulle rekenaar programmeerders oplei. Daar is 'n redelike gaping hier in die opleiding van programmeerder - hulle word
effens die verskillende tale geleer - tipies een week lange kursus en dan moet hy gaan proggrammeer. In SA was die opleiding gewoonlik vier maande voltyds en baie intensief. Ons leer hulle die rekenaartale maar as bysaak - die hoof doel van die kursus is om hulle te leer om die logika van rekenaarprogramme uit te dink
- om hulle breins te gebruik! Dis baie interesant en dit laat 'n ou toe om baie interesante mense te ontmoet. Die studente is tipies jong werkende mense met goeie humorsin. Ek is baie gelukkig om so 'n werk te hê - geen twee dae is dieselfde nie, al het ek in SA byvoorbeeld 'n soortgelyke kursus vir amper tien jaar aangebied! Nico
(Tzaneen. RSA) Die ander aand word 'n ou hier bokant my in die middel van die nag wakker van 'n geblaf van honde in sy straat. Op sy hoede vir inbrekers, gaan hy kyk, en loop hom vas in 'n seekoei wat in sy voortuin wei.
'n Rukkie terug op Phalaborwa gaan draf 'n ou een aand skemer deur die dorp, en regoor 'n beboste erf spring 'n leeu uit en hardloop straataf in die teenoorgestelde rigting.
Nou onlangs vra 'n ou my of ek nog nie emigrasie oorweeg het nie. My antwoord was dat die idee al my gedagtes gekruis het, maar dan gaan ek vir 'n naweek na 'n vriend se plaas hier op die Olifantsrivier, en ek sit en kyk hoe die wild kom water drink, en luister snags hoe die leeus brul, of hoe die luiperd vroegoggend die bobbejane bymekaar maak. Hierdie dinge is vir my genoeg.
------------------------------------------------------------ ----------------
BAK EN BROU
Richard van der Westhuizen vertel in Beeld van sy eie kookvermoee": "Ek ken net een resep en hy is baie eenvoudig. Jy soek vir jou 'n lekker doringboom uit. Dan krap jy in sy koelte vir jou 'n stukkie grond skoon, pak 'n klomp stompe op mekaar en steek hulle aan die brand. En as hulle kole gemaak het, sit jy vir jou 'n rooster met vleis daarop en braai dit. Dit is my totale kennis van kos maak. En dis vir my genoeg."
------------------------------------------------------------ ----------------
KUNS EN KULTUUR
SONDAG VAN N KIND D. J. Opperman
My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,
hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.
Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,
en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.
Klip na klip word van die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.
Gloudina Bouwer
WEEK 16/98
Are friends electric?
Selfmoordgedagtes, sê die blonde meisie voor sy die pizza hap. Nog nooit gehad nie. En verder, wie wil nou voor sy tyd doodgaan? Fok ouers, fok onvriendlike kafee-eienaars, fok stupid boyfriends. Ek kan van werk verander, of 'n hond kry, of my kar verf. Niks is onmoontlik nie. Ek kan voor die spieel staan en rooi lipstiffiekringe om my oe trek, en besluit, hi'e'r sit my siel. En ek en jy kan hande vashou in tranetrekkermovies, als wat lekker is. Leef, leef is 'n besluit, nooit 'n gegewe nie. As die kar breek, bel 'n mechanic, ryloop, of bel die AA, die trip is die moeite werd. Ek kan altyd mooier aantrek as gisteroggend, want ek is die hero in my eie storie. ...verstaan jy? Glo jy my? (Die engel met die tuinslang in die carwash)
------------------------------------------------------------ ----------------
TAALKENNIS
vertaal: translate ; moeilik: difficult
sondag: Sunday, maandag, dinsdag, woensdag, donderdag, vrydag, saterdag
raap/rape: turnip/turnips ;uitgetrek: pulled out ;skoongewas: washed clean ;spruit/spruite/spruitjie: small stream, tributary ;saam gaan eet: ate together ;klawergras: clover ;waenhuis: cart-shed, waggon-house
bure: neighbours ;saamgedrom: standing very close together ;hoek: corner ;vervalle: dilapidated
iemand: somebody ;klip: stone ;van die muur gerol: the stones are removed from the wall ;lam:lamb
raapwit: as white as a turnip
Idioom: 'n karnallie:Ek vertrou hom nie. Hy is 'n ou karnallie. (I do not trust him. He is a rascal.)The word karnallie has an alternate form kanalie. This is one of the names of the fiscal shrike or butcherbird. (From Dutch kanalje from French canaille from Latin canis dog. ) The name more frequently used in South Africa for the fiscal shrike or butcherbird is Jan Fiskaal. The bird stores it prey of small lizards etc. by impaling them on a thorn bush or a barbed wire fence. The word fiskaal was borrowed from the name for Cape Towns chief of police during the regime of the Dutch at the Cape. The word laksman (Dutch for hangman) is also sometimes used to describe the bird. Gloudina Bouwer
trade surplus =handelsoorskot, trade deficit = handelstekort , moeilik = difficult , voorstel=propose
nuttig maak= useful
poseur (frans). Iemand wat 'n rol speel/voorgee hy/sy is iets wat hulle inderwaarheid nie is nie
|
|
|
Re: WEEK 17/98 [boodskap #14267 is 'n antwoord op boodskap #14266] |
Sun, 03 May 1998 00:00 |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 3 May 1998 00:01:49 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:
> This is a multi-part message in MIME format.
>
> ------=_NextPart_000_000D_01BD7626.ABE09960
> Content-Type: text/plain;
> charset="iso-8859-1"
> Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
>
> e-KRANT =20
> sat. 02/05/98 =20
> hierdie koerant bevat bydraes deur intekenaars op =
> soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede=20
Nee hel, ou Koos, dies te lank om te lees! Ek wil vra dat jy dit
korter en kragtiger hou soos die eerste een. Daai een was goed!
HWM of WHM, help
as ek die ding lees met IE is dit mooi geformat, maar nou gebruik ek
Free Agent en dis net text met al die kontrole kodes tussenin!
Johan
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Dec 23 06:01:26 UTC 2024
|