witte [boodskap #127476] |
Fri, 16 August 2019 20:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
witte
Afbreking: wit•te
Selfstandige naamwoord: witte
Meervoud: wittes
Betekenis:
• Iets wat wit van kleur is.
• 'n Blanke persoon; witmens; kaukasiër.
Gebruik:
• Ek dra 'n rooi kous aan die een voet en 'n witte aan die ander.
• Geen witte word op dié komitee toegelaat nie.
Antoniem:
• swarte
Vertaling:
Engels: white
Nederlands: witte
Nota:
• Die woord "witte" word ook as byvoeglike naamwoord gebruik, maar word meestal in digterlike konteks aangetref, soos "die witte duifie...".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|