afval [boodskap #127471] |
Thu, 15 August 2019 18:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afval
Afbreking: af•val
Selfstandige naamwoord: afval
Meervoud: afvalle
Verkleinwoord: –
Betekenis:
• Onbruikbare reste wat weggegooi word.
• Gereg van slagafval, soos die kop, pens en pote van 'n dier.
Gebruik:
• Gooi die afval in die asblik.
• Ons het met afval grootgeword en ek geniet veral my ma se kerrie-pens-en-pootjies.
Spreekwoord:
• Die vyfde pootjie van die afval. [Iets is nutteloos; bestaan nie.]
• Hy kom te laat vir die kat se afval. [Kom wanneer almal al klaar geëet het.]
Hiponiem:
• kombuisafval
Afgelei:
• afvalhoop
• afvalmateriaal
• afvalproduk
Vertaling:
Engels: rubbish, refuse, waste; tripe
Nederlands: afval
Werkwoord: val af, afval
Verlede tyd: het afgeval
Betekenis:
• Vanaf 'n hoër plek na benede val.
Gebruik:
• Moenie van jou fiets afval nie.
Vertaling:
Engels: to fall off, drop, fall down, tumble down
Nederlands: afvallen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|