Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basan
Basan [boodskap #127434] |
So., 11 Augustus 2019 08:23 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Basan is 'n gebied oos van die See van Galilea op die vrugbare plato in die Transjordaanstreek. Dit was vroeër bekend vir sy hout en landbou (Amos 4:1-3. Jesaja 2:13, Esegiël 27:6), asook die kwaai beeste wat daar aangetref is (Psalm 22:13). Nadat die Israeliete onder Moses vir Og, die koning van Basan, verslaan het, het die gebied deel van die stamgebied van die halwe Manasse-stam geword (Numeri 21:33-35, Josua 13:11). Een van die asielstede, Golan, was in Basan geleë (Deuteronomium 4:43; Josua 20:8).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 13:50:11 UTC 2025
|