Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » siek
siek [boodskap #127389] Wo., 07 Augustus 2019 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
siek
Afbreking: siek
Uitspraak: /sik/


Byvoeglike naamwoord: siek
Vergrotende trap: sieker
Oortreffende trap: siekste
Attributief: siek
Intensief: doodsiek, hondsiek

Betekenis:
• (medies) Nie wel nie; in 'n toestand waar liggaamlike prosesse nie goed werk nie.
• (figuurlik) Nie in orde nie; afstootlik, weersinwekkend.

Gebruik:
• Hy is al 'n geruime tyd siek.
• Die wêreld is darem maar siek!

Vergelyking:
• So siek soos 'n hond.

Sinoniem:
• ongesteld
• onwel

Antoniem:
• gesond

Hiponiem:
• bemoeisiek
• karsiek
• maansiek
• seesiek
• sielsiek

Afgelei:
• siekbed
• sieklik
• siekmakend
• siekte

Vertaling:
Engels: ill, sick, unwell, diseased
Nederlands: ziek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teuels
Volgende onderwerp: boesem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 15:32:44 UTC 2025