teuel [boodskap #127387] |
Wed, 07 August 2019 20:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teuel
Afbreking: teu•el
Selfstandige naamwoord: teuel
Meervoud: teuels
Verkleinwoord: teueltjie
Meervoud van verkleining: teueltjies
Betekenis:
• Riem of koord van 'n toom waarmee mens 'n las- of rydier bestuur.
• (figuurlik) 'n Beheer of kontrole uitoefen.
Gebruik:
• Die ruiter trek aan die teuel om die perd tot stilstand te bring.
• Miskien moet ons die teuel bietjie laat skiet.
Sinoniem:
• leisel
• leiriem
• stuurriem
• toomriem
Afgelei:
• beteuel
• teuelhand (linkerhand)
• teuelloos (ongebreideld, bandeloos, buitensporig)
Vertaling:
Engels: rein, bridle; restraint
Nederlands: teugel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|