Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vreemde
vreemde [boodskap #127386] Wed, 07 August 2019 19:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vreemde
Afbreking: vreem•de


Byvoeglike naamwoord: vreemd
Vergrotende trap: vreemder
Oortreffende trap: vreemdste
Attributief: vreemde
Partitief: vreemds
Intensief: wildvreemd, wondervreemd

Betekenis:
• Attributiewe vorm van vreemd. Ongewoon; wat mens nie ken nie.

Gebruik:
• Sommige mense glo dat vreemde vlieënde voorwerpe, oftewel VVV's, die aarde besoek.

Spreekwoord:
• Dit het in vreemde hande geval. [Dit het die eiendom van vreemdelinge geword.]

Sinoniem:
• ongewone
• uitheemse
• onbekende

Antoniem:
• bekende

Vertaling:
Engels: strange, odd; foreign
Nederlands: vreemde


Selfstandige naamwoord: vreemde
Meervoud: vreemdes

Betekenis:
• 'n Onbekende persoon, plek of saak.

Gebruik:
• 'n Vreemde het uit die bloute met my begin gesels.

Antoniem:
• bekende

Vertaling:
Engels: outsider, stranger, strange thing
Nederlands: vreemde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermoed
Volgende onderwerp: teuel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 05:24:04 UTC 2024