stadig [boodskap #127383] |
Wed, 07 August 2019 18:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stadig
Afbreking: sta•dig
Byvoeglike naamwoord: stadig
Vergrotende trap: stadiger
Oortreffende trap: stadigste
Attributief: stadige
Partitief: stadigs
Intensief: doodstadig
Betekenis:
• Met min spoed; sonder snelle ontwikkeling.
Gebruik:
• Die stadige skilpad wen die vinnige haas.
Spreekwoord:
• Stadig oor die klippe. [Versigtig; moenie oordryf nie.]
• Stadig maar seker. [Stadig werk, maar dit goed doen.]
Vergelyking:
• So stadig soos 'n skilpad.
• So stadig soos 'n trapsuutjies.
• So stadig soos harmansdrup.
Sinoniem:
• langsaam
• traag
• tydsaam
• uitgerek
Antoniem:
• vinnig
• haastig
Vertaling:
Engels: slow, lingering
Nederlands: langzaam
Bywoord: stadig
Betekenis:
• Met geringe snelheid.
Gebruik:
• Die skilpad loop stadig oor die pad.
Vertaling:
Engels: slowly
Nederlands: langzaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|