tjank [boodskap #127381] |
Wed, 07 August 2019 08:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tjank
Afbreking: tjank
Werkwoord: tjank
Verlede tyd: het getjank
Teenwoordige deelwoord: tjankende
Betekenis:
• 'n Pyn- of huilgeluid maak soos 'n wolf of hond; skree-huil; kerm; snik.
Gebruik:
• Buite tjank 'n brak.
• Moenie soos 'n vroumens tjank oor dít wat jy nie soos 'n man wou verdedig nie.
Sinoniem:
• huil
• grens
• ween
Antoniem:
• lag
Afgelei:
• tjankbalie
• tjanker
• tjankery
Vertaling:
Engels: to cry, weep, howl, whine, yelp, whimper
Nederlands: huilen, janken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|