Leksikograaf Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waai
Afbreking: waai
Werkwoord: waai
Verlede tyd: het gewaai
Teenwoordige deelwoord: waaiend, waaiende
Betekenis:
• (meteorologie) Lug wat vloei; beweging van lugstrome as gevolg van drukverskille in die atmosfeer.
• Iets heen en weer deur die lug beweeg; wind veroorsaak.
• Wuif; iemand groet.
• Weggaan; loop; vertrek.
Gebruik:
• Die wind waai die boom se takke teen die ruit vas.
• Hy waai die koerant voor sy gesig om af te koel.
• Sy waai vir die kuiergaste soos hulle een vir een vertrek.
• Ek gaan nou waai, wederom!
Spreekwoord:
• Niks met iemand uit te waai hê nie. [Niks met iemand te doen hê nie.]
• Waar gekap word, waai spaanders. ['n Mens se dade het altyd gevolge.]
• Die wind waai uit die verkeerde hoek. [Die stemming is nie gunstig nie.]
• Die Kaapse dokter waai jou deurmekaar. [Die suidoostewind in die Boland.]
• Weet uit watter hoek die wind waai. [Weet hoe daar oor 'n saak gedink word.]
• Waar daar 'n stoffie trek, moet daar 'n windjie waai. [Elke gerug het 'n kern van waarheid.]
• Waar die blare roer, waai daar 'n windjie. ['n Skynbaar nietige teken kan belangrike sake aandui.]
Afgelei:
• inwaai
• omwaai
• uitwaai
Vertaling:
Engels: to blow; to fan; to wave; to go
Nederlands: waaien
Selfstandige naamwoord: waai
Meervoud: waaie
Betekenis:
• Die holte bo die kuit van die been.
• 'n Swaai; klap.
Gebruik:
• Die spies tref hom in die waai van sy been.
• Die onderwyser gee 'n waai na die stout kind.
Vertaling:
Engels: calf of the leg; slap, smack
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.