Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wakker
wakker [boodskap #127371] Mon, 05 August 2019 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wakker
Afbreking: wak•ker


Byvoeglike naamwoord: wakker
Vergrotende trap: wakkerder
Oortreffende trap: wakkerste
Attributief: wakker
Intensief: nugter wakker, wawyd wakker

Betekenis:
• Op en nie aan die slaap nie.
• Oplettend en lewendig; fluks en lus vir werk.

Gebruik:
• Sy het vroeg wakker geskrik.
• Hy is wakker in die klas en antwoord altyd eerste.

Spreekwoord:
• Moenie slapende honde wakker maak nie. [Laat onaangeroer wat onaangename gevolge kan hê.]

Sinoniem:
• op

Antoniem:
• slapend

Afgelei:
• wakkerbly
• wakkerlê
• wakkermaak
• wakkerword
• wakkerwordslag

Vertaling:
Engels: awake; alert, vigilant, active, brisk, smart
Nederlands: wakker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: debat
Volgende onderwerp: berig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 05:27:57 UTC 2024