wapenkundige [boodskap #127360] |
Sun, 04 August 2019 18:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wapenkundige
Afbreking: wa•pen•kun•di•ge
Samestelling: wapen + kundige
Selfstandige naamwoord: wapenkundige
Meervoud: wapenkundiges
Betekenis:
• Kenner op die gebied van heraldiek (kentekens).
• Deskundige op die gebied van wapentuig (strydwapens).
Gebruik:
• 'n Wapenkundige moet die wapenreg ken en die juiste manier van blasoenering (beskrywing) van wapens onder die knie kry.
• Die wapenkundige demonstreer die werking van die R5-aanvalsgeweer.
Sinoniem:
• heraldikus
Verwant:
• wapenkunde
Vertaling:
Engels: armorist, heraldist; firearms expert
Nederlands: wapenkundige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|