aanhalingsteken [boodskap #127353] |
Sun, 04 August 2019 09:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhalingsteken
Afbreking: aan•ha•lings•te•ken
Samestelling: aanhaling + -s- + teken
Selfstandige naamwoord: aanhalingsteken
Meervoud: aanhalingstekens
Verkleinwoord: aanhalingstekentjie
Meervoud van verkleining: aanhalingstekentjies
Betekenis:
• Leesteken wat aagehaalde woorde van die outeur se woorde onderskei.
• Leesteken om die aandag op 'n besondere woord of woorde te vestig.
Gebruik:
• As 'n hele sin aangehaal word, kom die punt voor die aanhalingsteken.
• Die titel van die boek word tussen aanhalingstekens gesit.
Hiperoniem:
• leesteken
Vertaling:
Engels: quotation mark
Nederlands: aanhalingsteken
Nota:
• Jan sê: "Jy kan gaan doppies blaas."
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|