voorstel [boodskap #127343] |
Sat, 03 August 2019 08:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorstel
Afbreking: voor•stel
Werkwoord: stel voor, voorstel
Verlede tyd: het voorgestel
Betekenis:
• Om 'n idee of plan vir oorweging voor te lê; aan die hand doen; mosie indien.
• Om name met eerste kennismaking uit te ruil; bekendstel.
• Om iets uit te beeld; voorstelling van iets maak.
• Om in te dink en verbeel; 'n denkbeeld van iets vorm.
Gebruik:
• Die kinders moet idees vir die klasprojek voorstel.
• Hy het my aan sy vriende voorgestel.
• Die skildery stel die laaste maaltyd van Jesus saam met sy dissipels voor.
• Kan jy jou dit voorstel?
Spreekwoord:
• Ek sal my skoenmaker aan jou kleremaker voorstel. [Ek sal jou skop.]
Vertaling:
Engels: to suggest, propose; to introduce; to represent; to imagine
Nederlands: voorstellen
Selfstandige naamwoord: voorstel
Meervoud: voorstelle
Verkleinwoord: voorstelletjie
Meervoud van verkleining: voorstelletjies
Betekenis:
• 'n Idee of plan wat vir oorweging voorlê is.
• Die voorste deel van 'n rytuig se onderstel.
Gebruik:
• Sy voorstel is op die vergadering aanvaar. Dit is die beste voorstel nog!
• Die motor se voorstel is tydens die botsing beskadig.
Sinoniem:
• suggestie
• wenk
Afgelei:
• voorsteller
• voorstelling
Vertaling:
Engels: suggestion, proposal
Nederlands: voorstel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|