Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » twyfel
twyfel [boodskap #127342] Sat, 03 August 2019 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
twyfel
Afbreking: twy•fel
Uitspraak: /ˈtvəi̯.fəl/


Werkwoord: twyfel
Verlede tyd: het getwyfel

Betekenis:
• Nie seker wees van iets nie; vermoed dat iets onwaar is of tussen gedagtes hink.

Gebruik:
• As jy twyfel oor wat ek sê, soek dit self op.

Sinoniem:
• aarsel
• weifel

Antoniem:
• weet
• glo

Afgelei:
• betwyfel
• twyfelaar
• twyfelagtig
• twyfeling

Vertaling:
Engels: to doubt
Nederlands: twijfelen


Selfstandige naamwoord: twyfel
Meervoud: –

Betekenis:
• 'n Onsekere gevoel oor iets; innerlike staat van onsekerheid.

Gebruik:
• Daar is geen twyfel daaroor nie.
• Hoeveel keer het ons sélf nie al aan die twyfel gegaan en gewonder of ons nie die pot mis sit nie?

Vertaling:
Engels: doubt, uncertainty
Nederlands: twijfel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorgangsklank
Volgende onderwerp: voorstel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 04:20:09 UTC 2024