verseker [boodskap #127334] |
Fri, 02 August 2019 20:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verseker
Afbreking: ver•se•ker
Werkwoord: verseker
Verlede tyd: het verseker
Betekenis:
• Om as waar te betuig; verklaar dat iets met sekerheid te wagte is.
• Om 'n kontrak te sluit wat eventuele skade teen 'n premie dek.
Gebruik:
• Die vakbond het ons verseker dat niemand afgedank sal word nie.
• Verseker jou huis teen brand.
Sinoniem:
• attesteer
• bevestig
• oortuig
• sertifiseer
• verklaar
• verassureer
• vrywaar
• waarborg
Afgelei:
• herverseker
• versekeraar
• versekerbaar
• versekerde
• versekering
Vertaling:
Engels: to assure, ensure, make certain; to insure
Nederlands: verzekeren
Byvoeglike naamwoord: verseker, versekerd
Attributief: versekerde
Betekenis:
• Wat sonder twyfel waar is (word meestal eerder los geskryf, "vir seker").
• Wat vas oortuig is van iets.
• Wat deur versekering gedek is.
Gebruik:
• Ek sal verseker kom.
• Jy kan van my kameraadskap verseker wees.
• Hy is teen diefstal verseker.
Sinoniem:
• beslis
• gewis
• seker
• stellig
Antoniem:
• onverseker
Afgelei:
• selfversekerd
• versekerdheid
Vertaling:
Engels: certain, sure; insured
Nederlands: verzekerd
Nota:
• "Virseker" is 'n algemene spelfout, behalwe in die versekeringsmaatskappy se naam.
• Jy moet vir seker jou kar by Virseker laat verseker.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|