weereens [boodskap #127328] |
Fri, 02 August 2019 07:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weereens
Afbreking: weer•eens
Bywoord: weereens
Betekenis:
• Nog 'n keer; by herhaling.
Gebruik:
• Weereens dankie vir julle vriendelikheid en hulpvaardigheid.
Vertaling:
Engels: again
Nederlands: nog eens, opnieuw, nogmaals
Nota:
• Weereens kan ook as twee woorde (weer eens) geskryf word.
• Verbindings met "eens" word normaalweg vas geskryf ("ineens", "meteens", "opeens"), die uitsonderings is "weer eens" en "nog eens" wat los of vas geskryf kan word.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|