plaasvervulling [boodskap #127326] |
Fri, 02 August 2019 06:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plaasvervulling
Afbreking: plaas•ver•vul•ling
Selfstandige naamwoord: plaasvervulling
Meervoud: –
Betekenis:
• (erfreg) As 'n erfgenaam nie kan erf nie, byvoorbeeld as die erfgenaam oorlede (vooroorlede) is, word sy erfporsie telkens in gelyke dele na die volgende vlak van sy lewende nasate vererf.
Gebruik:
• Indien die langslewende van ons te sterwe kom sonder 'n geldige testament, bemaak sodanige langslewende sy of haar boedel aan ons kinders, of hulle wettige afstammelinge by wyse van plaasvervulling.
Verwant:
• staaksgewys
Vertaling:
Engels: order of representation
Nederlands: plaatsvervulling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|