spektakel [boodskap #127323] |
Thu, 01 August 2019 19:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spektakel
Afbreking: spek•ta•kel
Selfstandige naamwoord: spektakel
Meervoud: spektakels
Verkleinwoord: spektakeltjie
Meervoud van verkleining: spektakeltjies
Betekenis:
• Sensasionele skouspel; groot vertoon; luidrugtige opskudding.
• Verspotte en belaglike persoon; 'n potsierlike mens.
Gebruik:
• Die feestelikhede is met 'n spektakel van vuurwerke geopen.
• Met daai uitrusting het sy 'n spektakel van haarself gemaak.
Afgelei:
• spektakelagtig
• spektakelmaker
Vertaling:
Engels: spectacle, scene, uproar, rumpus
Nederlands: spektakel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|