kontak [boodskap #127321] |
Thu, 01 August 2019 15:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontak
Afbreking: kon•tak
Uitspraak: /kɔnˈtak/
Selfstandige naamwoord: kontak
Meervoud: kontakte
Betekenis:
• (natuurkunde) Aanraking; toestand as mense of voorwerpe aan mekaar raak.
• (kommunikasie) Onderlinge kommunikasie.
• 'n Kontakpersoon; iemand wat iets vir jou kan doen.
• 'n Verbinding van elektriese stroombane.
Gebruik:
• Fisiese kontak tussen spelers is 'n integrale deel van rugby.
• Hulle bly op 'n gereelde basis met mekaar in kontak.
• Het jy 'n kontak wat ons met die taak kan help?
• Transistors het twee kontakte wat 'n gelykstroom toelaat om daardeur te vloei, terwyl 'n derde kontak die stroom beheer.
Vertaling:
Engels: contact, touch
Nederlands: contact
Werkwoord: kontak
Verlede tyd: het gekontak
Betekenis:
• Aanraking of kommunikasie bewerkstellig.
Gebruik:
• Sy kontak haar ouers.
Afgelei:
• kontakbesonderhede
• kontakvlak
• kontakwerking
Vertaling:
Engels: to contact
Nederlands: aanraken, contacteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|