| oortuig [boodskap #127319] |
Do., 01 Augustus 2019 15:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26440 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
oortuig
Afbreking: oor•tuig
Werkwoord: oortuig
Verlede tyd: het oortuig
Teenwoordige deelwoord: oortuigend, oortuigende
Verlede deelwoord: oortuigde
Betekenis:
• Om iemand tot 'n insig te bring; deur bewyse en redenering laat glo.
• Om vas in iets te glo omdat jy daarvan seker is.
Gebruik:
• Hy oortuig die man dat rook sleg is vir sy gesondheid. Hoe oortuig jy jou baas om jou meer verlof te gee?
• Sy is oortuig dat die maan van kaas gemaak is. Hy is oortuig van sy onskuld.
Sinoniem:
• beïnvloed
• oorhaal
• oorreed
Afgelei:
• oortuiging
Vertaling:
Engels: to convince, persuade, induce
Nederlands: overtuigen
Byvoeglike naamwoord: oortuig
Attributief: oortuigde
Intensief: doodoortuig
Betekenis:
• Wat seker is dat iets waar of korrek is.
Gebruik:
• Ek is oortuig dat sy die waarheid praat.
• Selfs oortuigde gelowiges raak soms van koers af.
Sinoniem:
• seker
Antoniem:
• onseker
• twyfelagtig
Vertaling:
Engels: convinced
Nederlands: overtuigd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 09 September 2026 13:01] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|