skoenlapper [boodskap #127309] |
Wed, 31 July 2019 11:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoenlapper
Afbreking: skoen•lap•per
Selfstandige naamwoord: skoenlapper
Meervoud: skoenlappers
Verkleinwoord: skoenlappertjie
Meervoud van verkleining: skoenlappertjies
Betekenis:
• 'n Kleurryke, daglewende insek met vier vlerke en twee dun voelhorings.
• (ongewoon) Persoon wat skoene lap; skoenmaker.
Gebruik:
• Die skoenlapper behoort tot die orde van vlinders (Lepidoptera), ook bekend as die skubvlerkiges.
Wisselvorm:
• skoelapper
Hiperoniem:
• vlinder
Vertaling:
Engels: butterfly, cobbler
Nederlands: schoenlapper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|