Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Barcelona is die tweede grootste stad in Spanje (na Madrid) en die hoofstad van Katalonië. Die stad is in die Romeinse tyd gestig en beskik oor 'n groot hawe aan die Middellandse See. Die stad is beroemd vir sy vele kunsversamelings, byvoorbeeld van Picasso, en geboue wat deur die argitek Antoni Gaudí ontwerp is. Dit is die vernaamste fabriek- en handelstad van Spanje, waar o.a. katoenstowwe vervaardig word.