wens [boodskap #127299] |
Tue, 30 July 2019 18:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wens
Afbreking: wens
Selfstandige naamwoord: wens
Meervoud: wense
Verkleinwoord: wensie
Meervoud van verkleining: wensies
Betekenis:
• Die gevoel wat mens kry as jy iets baie graag wil hê; waarvoor mens hoop; 'n verlange.
Gebruik:
• Dit is my wens om eendag skatryk te wees.
• Bismarck se wens was dat Duitsland onder die leiding van Pruise verenig sou word.
Vertaling:
Engels: wish, desire
Nederlands: wens
Werkwoord: wens
Verlede tyd: het gewens
Betekenis:
• Vir iets hoop; 'n verlange koester.
• Toewens; iets vir iemand hoop.
Gebruik:
• Hy wens hy kon 'n Ferrari bekostig.
• Sy wens hom alle voorspoed toe.
Vertaling:
Engels: to wish, desire
Nederlands: wensen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|