aanval [boodskap #127292 ]
Tue, 30 July 2019 12:16
Leksikograaf
Boodskappe: 20946Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Leër wat hulle vyand aanval.
aanval
Afbreking: aan•val
Selfstandige naamwoord: aanval
Meervoud: aanvalle
Verkleinwoord: aanvalletjie
Meervoud van verkleining: aanvalletjies
Betekenis:
• Poging om 'n teenparty met geweld te oorrompel of leed aan te doen.
• (medies ) Skielike, dikwels kortstondige aandoening soos 'n hart- of 'n griepaanval.
Gebruik:
• Die wilde dier se aanval het die man blind gelaat. Soms is aanval die beste verdediging.
• Die man het 'n aanval in sy slaap gehad.
Antoniem:
• verdediging
Hiponiem:
• bomaanval
• hartaanval
• haaiaanval
• massa-aanval
• mesaanval
• missielaanval
• ruimte-aanval
• senuwee-aanval
• teenaanval
Afgelei:
• aanvalsuur
Vertaling:
Engels: attack, assault; fit, stroke
Nederlands: aanval
Werkwoord: val aan , aanval
Verlede tyd: het aangeval
Teenwoordige deelwoord: aanvallend , aanvallende
Betekenis:
• Om iemand seer te maak of leed aan te doen.
Gebruik:
• Julle sal die vyand met bajonette moet aanval .
Antoniem:
• verdedig
Vertaling:
Engels: to attack, charge, assail
Nederlands: aanvallen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.