aandurf [boodskap #127285] |
Tue, 30 July 2019 09:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aandurf
Afbreking: aan•durf
Samestelling: aan + durf
Werkwoord: durf aan, aandurf
Verlede tyd: het aangedurf
Betekenis:
• Die moed hê om te begin; 'n taak dapper aanpak.
Gebruik:
• As die plaasjapie die stadsverkeer aandurf, moet mens jouself liefs uit die pad hou.
Vertaling:
Engels: to dare, venture, be game for
Nederlands: aandurven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|