verbaas [boodskap #127268] |
Sun, 28 July 2019 18:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbaas
Afbreking: ver•baas
Werkwoord: verbaas
Verlede tyd: het verbaas
Betekenis:
• Iemand met iets onverwags verras.
Gebruik:
• Hy verbaas die juffrou met sy goeie opstel.
Sinoniem:
• oorbluf
• verstom
Afgelei:
• verbasend
• verbasing
Vertaling:
Engels: to surprise, astonish
Nederlands: verbazen
Byvoeglike naamwoord: verbaas
Attributief: verbaasde
Intensief: stomverbaas
Betekenis:
• Verras wees; iets amper nie kan glo nie; sprakeloos of in verwondering laat.
Gebruik:
• Ek was baie verbaas oor sy goeie punte.
Vertaling:
Engels: surprised, astonished
Nederlands: verbaasd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|