| stap [boodskap #127264] |
So., 28 Julie 2019 10:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mense wat in die sneeu stap.
stap
Afbreking: stap
Selfstandige naamwoord: stap
Meervoud: stappe
Verkleinwoord: stappie
Meervoud van verkleining: stappies
Betekenis:
• Die aksie van vorentoe beweeg deur die een voet voor die ander te sit.
• (figuurlik) 'n Klein beweging na 'n bepaalde doel.
Gebruik:
• Hy hoor haar in die gang stap.
• Die proses se sewende stap sal aangepas moet word.
Hiponiem:
• misstap
• tugstap
• tussenstap
Afgelei:
• stapper
• staproete
• stapsgewys
• staptoer
• staptog
• stapvoets
Vertaling:
Engels: step, gait, pace, stride
Nederlands: stap
Werkwoord: stap
Verlede tyd: het gestap
Teenwoordige deelwoord: stappend, stappende
Verlede deelwoord: gestapte
Betekenis:
• Om stadig met die bene vorentoe te beweeg.
Gebruik:
• Sy stap elke oggend op die strand.
Spreekwoord:
• Hy stap met lood in sy skoene. [Teësinnig en onentoesiasties.]
Sinoniem:
• loop
• wandel
Vertaling:
Engels: to walk, step
Nederlands: stappen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|