Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » totaal
totaal [boodskap #127263] Sun, 28 July 2019 10:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21101
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
totaal
Afbreking: to•taal



Selfstandige naamwoord: totaal
Meervoud: totale
Verkleinwoord: totaaltjie
Meervoud van verkleining: totaaltjies

Betekenis:
• Al die onderdele saam.
• Die resultaat wanneer mens al die dele bymekaar tel, aftrek, deel of vermenigvuldig.

Gebruik:
• Die totaal is meer as die som van die dele.
• Wat is die totaal as jy 10 by 20 tel?

Afgelei:
• eindtotaal
• groottotaal
• somtotaal
• subtotaal

Vertaling:
Engels: total, sum
Nederlands: totaal


Byvoeglike naamwoord: totaal
Attributief: totale

Betekenis:
• As 'n geheel; volkome; volledig.

Gebruik:
• Die sektor se totale produksiewaarde het met 10% gestyg.
• Die Europese loop op 'n totale mislukking uit.

Vertaling:
Engels: total
Nederlands: totaal


Bywoord: totaal

Betekenis:
• As 'n geheel; volkome; volledig.

Gebruik:
• Sy is totaal oorrompel.

Vertaling:
Engels: totally, utterly, quite
Nederlands: totaal


Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reageer
Volgende onderwerp: stap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 17:14:16 UTC 2025