Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fier
fier [boodskap #127251] Sa., 27 Julie 2019 08:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25089
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fier
Afbreking: fier



Byvoeglike naamwoord: fier
Vergrotende trap: fierder
Oortreffende trap: fierste
Attributief: fiere

Betekenis:
• Met 'n trotse houding of gesindheid. Vol regmatige trots.

Gebruik:
• Lig jou kop op en staan fier en regop.
• Daar staan sy, fier en regop, met lang, blonde hare en vurige blou oë, met 'n sweep in die een hand en geweer in die ander.

Sinoniem:
• trots

Homofoon:
• vier (een minder as vyf; feestelik deurbring)

Vertaling:
Engels: proud, gallant
Nederlands: fier

Nota:
• Van Latyn: ferus, 'wild'.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stadion
Volgende onderwerp: plase
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Mei 11 18:01:39 UTC 2026