mening [boodskap #127222] |
Do, 25 Julie 2019 18:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mening
Afbreking: me•ning
Uitspraak: /ˈmɪə̯.nəŋ/
Selfstandige naamwoord: mening
Meervoud: menings
Verkleinwoord: meninkie
Meervoud van verkleining: meninkies
Betekenis:
• Wat mens oor iets dink; opinie oor iets; iemand se oordeel.
• Iets met mag en daad uitvoer; hard aan iets werk.
Gebruik:
• Wat is jou mening oor onteiening sonder vergoeding?
• Hy maak sy kamer met mening skoon.
Hiponiem:
• volksmening
Afgelei:
• meningloos
• meningspeiling
• meningsverskil
Vertaling:
Engels: opinion, meaning, view; in all earnest
Nederlands: mening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|