hoogtepunt [boodskap #127199] |
Tue, 23 July 2019 19:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoogtepunt
Afbreking: hoog•te•punt
Samestelling: hoogte + punt
Selfstandige naamwoord: hoogtepunt
Meervoud: hoogtepunte
Verkleinwoord: hoogtepuntjie
Meervoud van verkleining: hoogtepuntjies
Betekenis:
• 'n Baie belangrike oomblik; die toppunt van 'n reeks gebeure.
Gebruik:
• Die snytjie koek was die hoogtepunt van my dag.
• Daai drie was die hoogtepunt van die wedstryd.
Sinoniem:
• klimaks
• toppunt
Antoniem:
• laagtepunt
Vertaling:
Engels: acme, climax, zenith, culminating point
Nederlands: hoogtepunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|