Betekenis:
• 'n Blokkie met 'n gat wat van skroefdraad voorsien is wat op 'n bout vasgedraai word.
• 'n Aartappel wat uitloop.
• Afsaksel; sediment.
Gebruik:
• Draai die moer met die moersleutel vas.
• Plant die moere agter die motorhuis.
• Die koffie se moer word op die plante gegooi.
Spreekwoord:
• Die moer in wees. [Baie kwaad.]
• Op jou moer kry. [Probleme optel.]
• Vlieg in jou moer. [Gaan weg! Trap!]
• Jou moer strip. [Jou ernstig vervies.]
• Sy moer is suur. [Hy is erg omgekrap.]