Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gevoel
gevoel [boodskap #127180] Ma., 22 Julie 2019 15:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gevoel
Afbreking: ge•voel




Selfstandige naamwoord: gevoel
Meervoud: gevoele, gevoelens
Verkleinwoord: gevoelentjie
Meervoud van verkleining: gevoelentjies

Betekenis:
• Die tassin; deur aanraking waarneem; gewaarwording deur 'n prikkeling van die senustelsel.
• (figuurlik) 'n Emosionele gewaarwording; wat mens ervaar of beleef.
• (figuurlik) 'n Gedagte of iets wat mens besef; aanvoeling.

Gebruik:
• Dis koud en ek het geen gevoel in my vingers meer nie.
• 'n Gevoel van diepe vrees en wanhoop wel in haar op.
• Sy het 'n goeie gevoel vir kuns.

Sinoniem:
• emosie

Vertaling:
Engels: feeling, sensation, sense, touch; emotion, sentiment
Nederlands: gevoel


Werkwoord: voel
Verlede tyd: het gevoel

Betekenis:
• Verlede deelwoord van voel: deur tas waargeneem.

Gebruik:
• Het jy dit ook gevoel?

Vertaling:
Engels: felt; sensed
Nederlands: gevoeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 07:44]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: vasklem
Volgende onderwerp: vas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jun. 15 15:45:19 UTC 2026