ware [boodskap #127175] |
Ma, 22 Julie 2019 07:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ware
Afbreking: wa•re
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: ware
Betekenis:
• Goedere wat verhandel word; koopware, handelsware, kruideniersware, ens.
Gebruik:
• Die smous verkoop antieke ware.
Sinoniem:
• goedere
Vertaling:
Engels: goods, wares
Nederlands: waren
Byvoeglike naamwoord: waar
Attributief: ware
Betekenis:
• Attributiewe vorm van waar. In ooreenstemming met die werklikheid; feitelik; eg.
Gebruik:
• Jou ware aard en afkoms kan nie verborge bly nie.
Spreekwoord:
• Hy is iemand van die ware stempel. ['n Karaktervaste persoon.]
Vertaling:
Engels: true, authentic, indeed
Nederlands: ware, echte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|