Leksikograaf Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kies
Afbreking: kies
Werkwoord: kies
Verlede tyd: het gekies
Verlede deelwoord: gekose
Betekenis:
• Om 'n keuse te maak; uit 'n groep uitsoek; aan iets voorkeur gee; iets of iemand tussen 'n klomp ander uitsoek; om een uit baie moontlikhede te neem.
Gebruik:
• Hy kies om te gaan swem, maar sy kies om eerder te gaan fliek.
• Ek kies nie kant nie, maar die nonsens moet nou ophou.
Spreekwoord:
• Kies die hasepad. [Vlug.]
• Die goue/gulde middeweg kies. [Uiterstes vermy, gematig te werk gaan.]
Sinoniem:
• selekteer
• uitsoek
Afgelei:
• herkies
• uitkies
• verkies
Vertaling:
Engels: to choose, select
Nederlands: kiezen
Selfstandige naamwoord: kies
Meervoud: kieste
Betekenis:
• (anatomie) Gedeelte van die mond tussen die tandvleis en die wang.
• (geologie) 'n Verbinding van swael en 'n metaal, wat volop in die natuur voorkom.
Gebruik:
• Sy kieste staan bol soos hy die kos in sy mond inprop.
• Piriet of ysterkies is 'n verbinding van swawel en yster.
Spreekwoord:
• Hy maak van sy kies 'n looikuil. [Hy pruim tabak.]
Hiponiem:
• onderkies
Afgelei:
• kiestand
• kiespyn
Vertaling:
Engels: cheek
Nederlands: wang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.