Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdien
verdien [boodskap #127166] So., 21 Julie 2019 09:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24473
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdien
Afbreking: ver•dien




Werkwoord: verdien
Verlede tyd: het verdien
Teenwoordige deelwoord: verdienend, verdienende
Verlede deelwoord: verdiende

Betekenis:
• Deur werk of 'n ander handeling geld verkry; betaling vir werk ontvang; beloon word.
• Aanspraak of reg tot iets hê; wat mens moet of behoort te kry.

Gebruik:
• Hy het in die sweet van sy aangesig sy brood verdien.
• Sy verdien nie om in 'n konsentrasiekamp gemartel te word nie.

Spreekwoord:
• Jy moet jou sout verdien. [Iets nuttigs verrig.]
• Hy het dit dubbel en dwars verdien. [In 'n baie hoë mate.]
• Die perd wat die hawer verdien, kry die strooi. [Verdienste word nie altyd na behore beloon nie.]

Afgelei:
• verdiener
• verdienste

Vertaling:
Engels: to earn; to deserve
Nederlands: verdienen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 16 Februarie 2026 09:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: bywerk
Volgende onderwerp: vrae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Feb. 22 06:14:50 UTC 2026