Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sing
sing [boodskap #127160] So, 21 Julie 2019 07:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mense wat in 'n koor sing.
Mense wat in 'n koor sing.
sing
Afbreking: sing




Werkwoord: sing
Verlede tyd: het gesing
Teenwoordige deelwoord: singende

Betekenis:
• Klanke volgens 'n wysie uiter; musiek met die stem maak; musikale note met die stembande voortbring.

Gebruik:
• Sy sing elke Sondag in die kerkkoor.

Spreekwoord:
• Elke voël sing na hy gebek is. [Elkeen praat en handel maar volgens sy eie aard.]
• Hy sing altyd dieselfde gesang. [Hy kom altyd met dieselfde ou storie.]
• Hy sing 'n ander liedjie. [Hy is minder aanmatigend.]
• Hy sing 'n ou gesang. ['n Ou, netelige saak weer ophaal.]
• Hy sing nou 'n ander deuntjie. [Iets sê wat glad nie ooreenstem met wat hy eers beweer het nie.]
• Soos die oue sing, so piep die jonge. [Kinders praat hulle ouers na.]

Verwant:
• sang
• besing

Vertaling:
Engels: to sing
Nederlands: zingen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keuse
Volgende onderwerp: aksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 03:47:09 MGT 2024