Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuld
skuld [boodskap #127124] Thu, 18 July 2019 06:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuld
Afbreking: skuld




Werkwoord: skuld
Verlede tyd: het geskuld

Betekenis:
• Om iets verskuldig te wees; wat jy aan 'n persoon moet terugbetaal.

Gebruik:
• Jy skuld my R50. Sy skuld jou 'n ete.

Vertaling:
Engels: to owe
Nederlands: schuldig zijn


Selfstandige naamwoord: skuld
Meervoud: skulde
Verkleinwoord: skuldjie
Meervoud van verkleining: skuldjies

Betekenis:
• Geldelike verpligting; 'n bedrag geld wat nog nie betaal is nie.
• 'n Verantwoordelikheid wat aan iemand vir 'n laakbare gebeurtenis of toestand toegeskryf word; fout; sonde.

Gebruik:
• Hy is diep in die skuld. Die bank loop altyd die risiko dat skuld nie vereffen sal word nie.
• Sy het skuld erken op 12 gevalle van inbraak. Dis jou skuld dat dit gebeur het.

Spreekwoord:
• Laat die skuld maar aankalk. [Skryf dit op my rekening.]
• Hy is tot oor sy ore in die skuld. [Baie diep in die skuld.]
• Hy is met skuld belas en belaai. [Hy het meer skuld as wat hy kan hanteer.]
• Belofte maak skuld; wie daarop wag is gekuld. [Iemand moet sy belofte nakom.]

Antoniem:
• onskuld

Afgelei:
• skuldbekentenis
• skuldbewys
• skuldbrief
• skuldenaar
• skulderkenning
• skuldinvordering
• skuldlas
• skuldvordering

Vertaling:
Engels: debt; fault, guilt
Nederlands: schuld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hang
Volgende onderwerp: moeite
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 19:11:17 UTC 2024