Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwag
verwag [boodskap #127108] Wo, 17 Julie 2019 12:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwag
Afbreking: ver•wag




Werkwoord: verwag
Verlede tyd: het verwag

Betekenis:
• Om te dink dat iets in die toekoms gaan gebeur; as vooronderstelling aanneem.
• Om swanger te wees; 'n baba kry.

Gebruik:
• Hy verwag 'n beloning vir sy harde werk.
• Sy ma verwag 'n baba in Julie.

Spreekwoord:
• Van 'n donkie moet jy 'n skop verwag. [Van 'n onbeskofte persoon moet jy slegte behandeling verwag.]

Sinoniem:
• antisipeer

Vertaling:
Engels: to expect
Nederlands: verwachten


Byvoeglike naamwoord: verwag
Attributief: verwagte

Betekenis:
• Wat waarskynlik in die toekoms sal gebeur.

Gebruik:
• Hy het voor die verwagte tyd hier aangekom.

Antoniem:
• onverwag

Vertaling:
Engels: expected
Nederlands: verwacht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gou
Volgende onderwerp: lou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 21:17:43 MGT 2024