Leksikograaf Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aangaan
Afbreking: aan•gaan
Samestelling: aan + gaan
Werkwoord: gaan aan, aangaan
Verlede tyd: het aangegaan
Betekenis:
• Met iets aanhou; verder gaan daarmee; dit vorentoe neem.
• Dit wat gebeur; wat aan die gang is.
• Betref; wat van belang is.
• Om te begin; aanskakel.
Gebruik:
• Hulle dink alles sal aangaan soos altyd.
• Wat gaan hier aan?
• Moenie in dinge inmeng wat jou nie aangaan nie.
• Die lig wil nie aangaan nie.
Vertaling:
Engels: to continue, carry on, go on; to happen; to concern, be concerned; to start, turn on
Nederlands: aangaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.