eenvoudig [boodskap #127089] |
Tue, 16 July 2019 06:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eenvoudig
Afbreking: een•vou•dig
Uitspraak: /ˌɪə̯nˈfœu̯.dəχ/
Byvoeglike naamwoord: eenvoudig
Vergrotende trap: eenvoudiger
Oortreffende trap: eenvoudigste
Attributief: eenvoudige
Intensief: doodeenvoudig
Betekenis:
• Nie ingewikkeld nie; maklik om te doen of te volg.
• Sonder oordaad of vertoon; ongekunsteld.
• Gewoonweg.
Gebruik:
• Die oefeninge wat jy moet doen is eenvoudig.
• Hy dra 'n eenvoudige uitrusting.
• Hy wil eenvoudig nie saamwerk nie!
Antoniem:
• ingewikkeld
Afgelei:
• eenvoud
• vereenvoudig
• eenvoudigheid
• eenvoudigheidshalwe
Vertaling:
Engels: simple, easy,; plain
Nederlands: eenvoudig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|