Betekenis:
• Konstruksie voor 'n veldvoertuig wat die bakwerk beskerm soos dit deur beboste terrein beweeg.
Gebruik:
• Die bosbreker word van staal gemaak en op die onderstel vasgebout.
• Dit is maklik om toebehore soos ’n wenas, radio-antenna en kolligte aan jou voertuig se bosbreker te heg.
Vertaling:
Engels: bull bar, bush bar
Nederlands: stalen raamwerk voor voertuig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.