Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » papelellekoors
papelellekoors [boodskap #127081] Mon, 15 July 2019 15:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21101
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
papelellekoors
Afbreking: pa•pe•lel•le•koors
Samestelling: papelelle + koors



Selfstandige naamwoord: papelellekoors
Meervoud:

Betekenis:
• Die bewerasie of aapstuipe van woede of vrees; raserny; ritteltits; horries.
• 'n Nagemaakte siekte; skynsiekte; skoolsiekte.

Gebruik:
• Die Blitsbokke het hul ondersteuners byna die papelellekoors gegee toe hulle in hul laaste wedstryd deurgeskraap het.
• Staan eerder op, mens kom nie so maklik met luisiekte en papelellekoors weg nie.

Verwant:
• ipekonders

Vertaling:
Engels: sham-fever, trembles, malingering

Nota:
• Waarskynlik 'n samestelling van verouderde Nederlands papelarden, "huigelary" en koors.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: windpomp
Volgende onderwerp: bosbreker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 16:58:50 UTC 2025