oomblik [boodskap #127066] |
Sun, 14 July 2019 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oomblik
Afbreking: oom•blik
Selfstandige naamwoord: oomblik
Meervoud: oomblikke
Verkleinwoord: oomblikkie
Meervoud van verkleining: oomblikkies
Betekenis:
• 'n Baie kort rukkie of tydjie; korte duur.
• 'n Moment; 'n bepaald tydstip.
Gebruik:
• Kan u net 'n oomblik wag, ek sal u nou help.
• Op daardie oomblik spring die leeu uit die bos uit.
Sinoniem:
• moment
• oogwink
Afgelei:
• oombliklik
Vertaling:
Engels: moment; instant
Nederlands: ogenblik, moment
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|