myself [boodskap #127043] |
Sat, 13 July 2019 12:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
myself
Afbreking: my•self
Samestelling: my + self
Wederkerende voornaamwoord: myself
Betekenis:
• Die spreker verwys na hom- of haarself.
Gebruik:
• Ek gaan myself vir 'n verandering 'n bietjie bederf.
• Ek sing tog nie net vir myself nie.
Spreekwoord:
• Ek kan myself skop. [Ek is baie spyt.]
Vertaling:
Engels: myself
Nederlands: mijzelf
Nota:
• Myself word net met toevallig-wederkerende werkwoorde gebruik.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|